Europa kom voor geloofkwessie te staan oor vlugtelinge

Foto: UNHCR/Facebook

Foto: UNHCR/Facebook

Verskeie Europese lande sit met die hande in die hare oor vlugtelinge wat dié lande binnekom. Die meeste van dié vlugtelinge wat ’n heenkome in Europese lande soek is Moslems.

Baie Europeërs sien dié mense nie as hulpbehoewendes nie, maar eerder as draers van ’n “vreemde” geloof wat hulle beangs laat. En so het die vlugtelingekwessie meteen ook ’n godsdienssaak geword.

Verlede maand het die Slowaakse eerste minister, Roberto Fico, dit duidelik gestel dat sy land self sal kies watter vlugtelinge ingeneem sal word. Hy het benadruk dit is vir Slowakye belangrik dat die EU nie summier self besluit watter immigrante waar afpak nie.

Tans is daar meer as 40 000 immigrante wat heenkome moet vind.

Duitsland het aangekondig dat soveel as 800 000 immigrante vanjaar dié land sal binnekom. In ’n plek soos Suhl in sentraal-Duitsland het daar onlangs geweld uitgebreek tussen immigrante en dit blyk alles gaan oor geloof. Bewerings dat die Koran nie respekvol hanteer is nie, het tot ’n opstand in die behuising vir immigrante in Suhl gelei.

Woensdag is Angela Merkel, Duitse kanselier, in Heidenau uitgejou en het die gevoelens van die Duitsers na vore gekom toe woorde soos “volksverraaier” haar toegesnou is.

Voorheen het Pole aangedui dat hy verkieslik net Christene wil inneem, maar dié land het skielik van posisie verander. In Julie het Pole wel begin om die duisende immigrante wat via Italië en Griekeland die land binnekom te neem as deel van die EU se plan om verligting te bring.

Boyko Borissov, die Bulgaarse eerste minister, het in April aan joernaliste gesê sy land se demografie is te sensitief om immigrante in te neem. Tans het Bulgarye net 7,8% Moslems en Borissov vrees die effek wat die immigrante op geloofsamestelling in dié land sal hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Gertjie ·

Die Moslems het jare terug gese hulle gaan hulle lede die wêreld instuur en so die wêreld in neem met hul godsdiens en die ander Godsdienste vernietig. Hierdie is maar die begin.
Sal hulle dit regkry?

Antoinette ·

Dit is nogals kommerwekkend. Ek vermoed ons geloof gaan getoets word binne die volgende paar jaar. Ek hoop ons kan die toets deurstaan.

SNEL ·

Ek stem Antionette, en dit gaan beslis net moeiliker raak. Volgens my was daar nog nooit n tyd soos nou, om juis elke liewe dag vir ons medegelowiges te bid sodat ons deur al die stroms vas sal staan in ons geloof in God en dat ons nie sal val nie. Die Bybel leer ons dat dit net moeiliker gaan word, so om te bid dat dit ophou of verby gaan is nie wat die Bybel sê gaan gebeur nie, so nou moet ons geanker wees in ons geloof en bid dat ons en ons medegelowiges die toets en storms sal deurstaan. In die wedloop van die lewe is daar net twee spanne, jy is of vir die Here of vir die vyand, so as n ding nie in lyn is met God nie, is dit in lyn met die vyand, maak nie saak wie en wat hulle aanbid nie, so dan moet mens dadelik weet daar is moeilikheid of n agenda vir die optrede. Dieselfde met wat hier gebeur, hulle werk met n plan.

wanda ·

So gaan hulle later hulle skole Godsiens moet verander, die tv kanale ens. So wat…..welkom tot SA, almal aan die oorkant het ons mos gedwing tot baie dinge of sanksies was teen ons ingestel, nou sit hulle in dieselfde penarie!

jeannine ·

Ek is belgiese ons moet ons nou al aanpas aan al die gemors die binnenkom ons betaal ons blou aan belasting hulle kom hier en kry alles vir niet en dan se hulle nou mos in die regering ons moet ons aanpas aan die vreemde kulture ons is Multi kultureel kom naar belgie hulle is hier welkom alles le klaar van die eerste dag die brave belg sal wel betaal dit is die nuwe wereld

Johnnie ·

Ek stem saam met Gertjie. Die moslems wil sodoende die hele wereld oorneem met hul geloof en die christendom sodoende vernietig. Die volgende is ons klomp lazyboy christene hier in suid afrika. Jy gaan net staande by as jy n weergebore kind van die Here is as jy kan getuig dat jy Hom aangeneem het as jou pesoonlike saligmaker en verlosser.

Oom Koos ·

Dis bog dat die toestroming van Moslems na Europa die Christendom bedreig. Die Europieërs wil oor die algemeen niks van godsdiens weet nie en kerke word op strepe gesluit of in jolplekke omskep. Een van die dae gaan daar meer moskees in Europa as in die res van die wêreld wees. Die Europese regerings wat hul deure so gulhartig oopgooi vir die migrante sal nog hul besluit berou want ‘n Moslem duld nie ‘n Christen nie en sal dinge vir hulle plaaslik warm maak.
Moenie vir een oomblik dink die Moslem migrante sal assimileer nie, hulle is te lief vir hul sluiers en sal weldra die hand byt wat hulle nou so graag voer.

Dave ·

Jy sê hy praat nie twak nie? Lees die oom weer! In sy eerste sin sê hy dat dit bog is wanneer gesê word dat die moslems die Christendom bedreig. Daarna brei hy uit deur te vertel watter bedreiging hulle werklik is. En waarom hy moslems met ‘n hoofletter skryf sal net hy weet.

Winston ·

Die Moslems is die ergste mens en geloofs gevaar wat die wêreld tot dusver gesien het. Kry julle self op hoogte mense. Dit is ontstellend regoor die aardbol.

Sue ·

Hulle is lewende bomme wat net wag om af te gaan om geweld vir hul geloof te pleeg. Dit gebeur ooral waar hul, hul tuismaak en nie hul sin kry nie. Die westerse kultuur is teenstrydig met hul opvoeding en hulle gaan problematieswees.

Pieter V ·

In Ierland is n saak op die oomblik teen n Pastoor wat glo volgens die moslems en die staat opruiend is omdat hy sy gemeente teen die moslem geloof gewaarsku het, dit terwyl die moslems daarop aandring dat hulle hul eie howe wil bedryf volgens moslem geloof,en nie onder westerse reg nie.
In Nederland is Geert Wilders n regse politikus ook vervolg omdat hy die publiek teen die moslem gevaar in Nederland waarsku ,waar ook twee bekendes vermoor is, omdat hulle glo die moslems te na gekom het. Ook is daar in Duitsland en Frankryk areas waar die moslems hul eie wette toe pas en is verbode vir die wat nie die moslem geloof aanhang nie

jeannine ·

dit is waar wat sue se hier in belgie kom dit al sover met die moslims dat na een football match niks meer van bier mag geskenk word nie omdat daar te veel moslims in die ploeg speel en nogtans ‘n belg drink graag een glasie bier na ‘n voetbal match

pop ·

Hoekom luister die Belge vir die spul wat nie eers daar hoort nie. Drink 2 biere vrou!!!

jacquesj ·

Gaan kyk bietjie hoekom die moslems uit hulle lande vlug.Kry vir julle, julle het dit oor julle self gebring nou kan julle sien hoe lyk die blik van binne waar julle ons ingedruk het.

Peet Schabort ·

Dink net, die sendingwerk het na julle toe gekom en julle hoef dus nie meer uit te gaan vir sendingwerk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.