Europa stel dalk sanksies teen Israel in

Federica Mogherin, hoogste verteenwoordiger oor buitelandse sake vir die Europese Unie Foto: tibet.net

Federica Mogherin, hoogste verteenwoordiger oor buitelandse sake vir die Europese Unie Foto: tibet.net

Europese sanksies teen Israel is ‘n moontlikheid nadat die inhoud van ’n informele besprekingsdokument van die Unie uitgelek en in ’n Israelse koerant gepubliseer is.

Die dokument, met die status van ’n sogenaamde “nondocument” dien as gespreksdokument om agendapunte vir bespreking te vind.

Ingevolge die dokument kan oorweeg word om maatreëls in te stel teen Europese maatskappye wat bande het met Israelse nedersettings in die Wesoewer en Oos-Jerusalem. Stappe kan ook gedoen word teen politici wat gekant is teen die tweestaat-oplossing vir Israel.

Federica Mogherin, wat vir die Europese Unie se buitelandse sake verantwoordelik is, het die belangrikheid van die dokument afgemaak, en gesê die klem val eerder op hoe om mense in die rigting van ’n tweestaat-oplossing te motiveer, as om mense te straf, aldus Trouw.

Die Jerusalem Post het egter ’n sterker dreigement in Mogherin se uitspraak gelees, en meen Israel en die Palestyne word voor ’n keuse gestel om vrede met mekaar te maak, in die rigting van ’n tweestaat-oplossing, of om swakker betrekkinge met Europa te beleef. Die koerant haal ook die  Israelse minister van buitelandse sake, Avigdor Liberman, aan wat sê dat dit ’n fout vir Europa is om sy bande met Israel aan die Israelse vredesproses te koppel.

Oor-en-weer aanvalle tussen Palestyne en Israeli’s kom voor, en onlangs is die vrees uitgespreek dat dit tot ‘n nuwe intafada kan lei. Die moontlikheid is grootliks ontlont toe Israel, die VSA en koning Abdullah II van Jordanië ’n ooreenkoms bereik het oor die bestuur van die Tempelberg in Jerusalem.

Bronne: Trouw, Jerusalem Post

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.