Europeërs hoes ook met duurder brandstof

Argieffoto (Foto: IADE-Michoko/Pixabay)

Die konflik in Oekraïne het ʼn verhoging van brandstofpryse in Europa veroorsaak. Sommige stap reeds meer en taxi’s word gedwing om hul roetine te verander.

Teen meer as €2 (sowat R33,41) per liter by die pomp, het Aziz Brahmi, ʼn taxibestuurder in Parys, gesê hy ry nou nie meer om die blok om na passasiers te soek nie.

“Al wat ek kan doen is om minder rond te ry met ʼn leë motor,” sê die 38-jarige Brahmi, wat gewoonlik ongeveer 200 km per dag ry. “Ons wag nou vir kliënte om na ons toe te kom. Ons ry nie meer rond en soek na hulle nie.”

Taxibestuurders in Londen volg dieselfde strategie. “Die prys het ʼn groot impak op my gehad en ek moet meer ritte doen om die kostes te probeer dek,’ sê Gary Bollister, wat al 22 jaar lank die ikoniese swart taxi’s bestuur. “Ek moet die rekeninge betaal, so ek moet harder werk. Boonop is daar baie konstruksiewerk in die stad en dit beteken mens ry selfs langer en gebruik meer brandstof.”

Europa besorg oor invoerverbod van VSA

Ru-oliepryse het reeds ʼn piek bereik voor Rusland Oekraïne ingeval het, maar die konflik het pryse verder die hoogte laat inskiet, omdat Rusland ʼn groot vervaardiger is.

Die prys van ʼn vat olie het Maandag ongeveer $140 gehaal ná die VSA gesê het hy is in gesprekke met bondgenote oor ʼn verbod op olie van Rusland.

Europeërs het die idee verwerp, maar pres. Joe Biden sal na verwagting Dinsdag ʼn verbod aankondig op invoere van Russiese olie en gas.

Alexander Novak, adjunk- eerste minister van Rusland, het Maandag gewaarsku dat oliepryse meer as $300 per vat kan haal as ʼn olieverbod ingestel word.

Huidige pryse het reeds ʼn groot impak op individue en ondernemings.

Colin, ʼn 55-jarige koerier in Londen, wat nie sy van wou gee nie, sê hy spandeer sowat £20 (R400) per dag om sy motor vol te maak – dis byna dubbel as wat dit was. “Ek loop eerder as om geld te bly verloor,” het hy gesê. Die prys van diesel by sy plaaslike vulstasie kos nou £1,61 (R32,32) per liter.

In Swede moet motoriste tot 25 kroon (R38,45) per liter vir diesel opdok.

Die gemiddelde prys van petrol in Duitsland is ongeveer €1,83 (R30,46) per liter.

Abdellatif Helaoui, ʼn 28-jarige paramedikus van Parys, ry ongeveer 25 km per dag werk toe.

Duurder brandstof in Suid-Afrika

Maroela Media het vroeër berig die Buro vir Ekonomiese Navorsing (BER) by die Universiteit Stellenbosch meen in dié stadium dui dit daarop dat plaaslike brandstofpryse met tot R2 per liter in April kan styg. Na gelang van die olieprys gedurende die maand kan die styging heelwat meer as R2 per liter beloop. Dié verwagte styging volg boonop op ʼn rééds skerp styging van sowat R1,50 per liter wat vandeesmaand in werking gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Realis Thailand ·

Ek het in 1970 sestig liter pertol in my voertuig gesit en dit was R5.70 gewees.
Nou is dit ongeveer R1300 vir dieselfde hoeveelheid
Ek het in laat 1970 n VW beetle gekoop en amper R1500 vir n nuwe motor met n sondak betaal
Chris se kommentaar is korrek

casper ·

En na al die sanksies en geklaery gaan Rusland onverstoord voort !!
Sanksies werk nie !!!

Waarnemer ·

Ek stel voir die UK en Amerika stuur nou soldate in en gaan haal poetin uit!!!

Waarnemer ·

Stuur die klomp senior offisiere wie sk in die hotel bedryf opgelei is Oekraine toe om die oorlog te gaan wen.

Kokkies ·

Kom ons vergelyk appels met appels. Die gemiddelde salaris in SA is R24 051.00 per maand, waar n persoon in Parys, Frankryk, n gemiddelde salaris van €4 583.00 Euro (R76 541.00) per maand kry. In Londen, is die gemidelde salaris £3 309.00 Britse Pond (R66 193.00). Ons pertrol prys kan nie met die lande vergelyk word nie.

Piet ·

Jy is reg. Jy kan dit nie vergelyk nie. Hulle betaal nogsteeds in hulle eie currency.

Realis Thailand ·

En hulle publieke vervoer is uitstekend
Jy het in baie plekke nie eers jou eue veortuig nodig en die lande is kleiner
Kan van een kant na die ander ry met n tenk petrol
Hier bring n tenk petrol jou nerens

piet ·

Ek het nie geweet die gemiddelde salaris in SA is meer as R24000 nie. Ek twyfel of dit die geval is in ander plekke as Gauteng. Ek sou se dis beslis minder in Kaapstad. Die topbestuur wat mal salarisse verdien, stoot seker die gemiddelde tot daai bedrag op, die gewone outjie sukkel maar oor die algemeen.

Andre ·

En almal dink nog Putin is die probleem en Biden is ‘n held! Ai tog.

Delia ·

Waar kry ons taxis hulle brandstof en wie betaal dit. Hulle gooi nie in by die gewone stasies nie en maak ook geen kapsie teen die petrolprys. Ek verstaan dit glad nie

Marthinus W ·

In Amerika het die prys vir n gelling (3,8 liter – ek wens hulle wil die metrieke stelsel aanvaar) van $6,00 gestyg na $14,70. Verlede maand is n verslag uitgereik wat noem dat meer as 44 000 brue besig is om in duie te stort. Hulle het dus baie groot probleme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.