Europese stede gewaarsku teen Nuwejaarsaanvalle

'n Groot skare geniet die Kersliggies by Kohlmarkt-straat in Wene (19 Desember 2015) Foto: Christian Bruna, epa

‘n Groot skare geniet die Kersliggies by Kohlmarkt-straat in Wene (19 Desember 2015) Foto: Christian Bruna, epa

Die polisie in Wene het Saterdag gesê hulle het waarskuwings ontvang van ʼn “vriendskaplike” intelligensiediens dat Europese hoofstede moontlik voor die Nuwejaar terreuraanvalle kan beleef.

“ʼn Vriendskaplike intelligensiediens het voor Kersfees ʼn waarskuwing aan verskeie Europese hoofstede gestuur om te sê dat moontlike bom- of skietaanvalle kan plaasvind in plekke waar ʼn groot skare tussen Kersfees en Nuwejaar vergader,” het die polisie in ʼn verklaring gesê.

Volgens die Weense polisie is moontlike aanvallers se name in die waarskuwing bekend gemaak, maar ʼn ondersoek het tot dusver nog nie enigiets opgelewer nie.

Die polisie het gesê in reaksie op die waarskuwing sal veiligheid by openbare plekke en op paaie in Wene en Oostenryk verskerp word.

Die waarskuwing volg ná 130 persone in ʼn reeks terreuraanvalle op 13 November in Parys, Frankryk, gesterf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

GES ·

Die europeërs word nou ook getyster deur die selfde euwel wat ons reeds lank gelede mee kennis gemaak het. Dit het die neiging om ‘n mens se lewensvreugde te steel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.