Everest eis nog ʼn sjerpa

Everest

Twee sjerpas is binne ʼn week op berg Everest in Nepal dood.

Die tweede sjerpa, wie se naam nie bekend gemaak is nie, was Sondag op pad af nadat hy die piek van Everest bereik het toe hy naby die Suidkol, ʼn punt op 7 906 m bo seevlak, inmekaargesak het.

“Ons moet nog besonderhede bekom, maar ons vermoed komplikasies weens hoogtesiekte. Ons sal probeer om sy liggaam te herwin,” het Mingma Gelu, ʼn sjerpa van Seven Summit Treks, aan AFP gesê.

Nóg ʼn gids, Pemba Tashi, is verlede week dood toe hy in ʼn diep gletserspleet tussen die berge neergestort het.

Maroela Media het vroeër berig twee bergklimmers, een van die VSA en die ander een van Switserland, is sowat twee weke gelede op Everest, die hoogste berg ter wêreld, dood aangetref.

Die Switserse klimmer, Abdul Waraich (40), het die piek van die berg bereik. Waraich het egter aan uitputting gely toe hy die piek bereik het. Reddingswerkers is met suurstof en kos na die piek, maar kon Waraich nie red nie.

Die Amerikaner, Puwei Liu (55), het die Hillary Step-punt op die berg bereik, maar is teruggehelp na die voet van die berg omdat hy weens sneeublindheid en uitputting nie verder kon klim nie. Liu het kamp 4 bereik voordat hy inmekaargesak en gesterf het.

Waraich en Liu is die eerste sterfgevalle om vanjaar op Everest aangemeld te word nadat die berg onlangs ná ʼn lang verbod weens Covid-19 weer oopgestel is vir klimmers.

Nepal het vanjaar ʼn rekord van 408 klimpermitte uitgereik nadat die seisoen verlede jaar weens die Covid-19-pandemie gekanselleer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Louisepretorius ·

Was is dit dat mense hulle lewens bo hulle begeertes stel.hulle weet wat is die risiko’s

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.