Sawyer Sweeten (19), een van die kinderakteurs in die gewilde TV-reeks Everybody Loves Raymond, het homself om die lewe gebring.
Die BBC berig Sweeten het homself Donderdagoggend by sy ouerhuis in Texas, VSA, op die stoep doodgeskiet. Sweeten het die rol van Geoffrey Barone in die trefferreeks vertolk. Sy tweelingboetie, Sullivan, en ouer suster Madylin het ook in die reeks gespeel.
“Dit was enkele weke voor sy 20ste verjaardag. In dié sensitiewe stadium vra ons familie vir privaatheid en smeek ons julle om uit te reik na julle geliefdes,” het die familie in ʼn verklaring gesê.
Madylin het ook op Facebook geskryf: “In dié tyd wil ek almal aanmoedig om uit te reik na hul geliefdes. Laat hulle geen twyfel hê oor wat hulle vir jou beteken nie.”
Sterkte aan die families en vriende. Die jong mannetjie het sy rol baie oulik vertolk. Dis n jammerte dat so jong mensie se lewe so moes eindig. Maak nie saak watse roem of wat okal jy het nie. Die lewe druk en dalk het die lewe daai arme seun te hard gedruk. Jy gaan gemis word. JESUS het nog n mooi blommetjie kom pluk. Julle is in ons gebede
So onnodig. Daar word gesê dat 1 uit 5 tussen die ouderdom van 10 en 19 selfmoord oorweeg. So dis nie seldsaam maar uiters tragies.
Kyk na die spelling “Swayer” in die berig wat foutief is.