“Ewige stad” Rome dalk eeu ouer

Rome

Rome

Volgende week vier Rome sy 2 767ste verjaarsdag, maar Rome is heel waarskynlik ouer as die formele stigtingsdatum deur die broers Romulus en Remus wat volgens oorlewering op  21 April 753 voor Christus plaasgevind het.

Maar verlede week het dit bekend geword dat argeoloë ‘n muur ontdek het wat waarskynlik meer as ‘n eeu ouer is as die stad se geboortedatum. Die muur het skynbaar water van ‘n heuwel na ‘n sytak van die Tiber weggevoer. Dit is met vulkaniese steen gebou.

Keramiekwerk is op die toneel gevind wat histories tot die tydperk tussen die negende en die begin van die agste eeu voor Christus behoort.

Vroeëre argeologiese vondste dui daarop dat mense die omgewing reeds tien eeue voor Christus bewoon het. Die jongste vonds toon egter dat steenwerke reeds vroeër begin het as wat aanvanklik gedink is.

Berig in die The Guardian kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.