F1-kampioen skok met aankondiging

Nico Rosberg (F1 Mercedes) en 2016 F1-wêreldkampioen (30 November 2016) Foto: Andreas Arnold/dpa via AP

Nico Rosberg (F1 Mercedes) en 2016 F1-wêreldkampioen (30 November 2016) Foto: Andreas Arnold/dpa via AP

Nico Rosberg, die 2016 Formule Een-wêreldkampioen, het Vrydag sy uittrede uit die sport aangekondig.

Dit volg slegs vyf dae nadat die Mercedes-bestuurder Sondag in Abu Dhabi vir die eerste keer die titel ingepalm het.

Rosberg het tydens ʼn perskonferensie gesê hy het “ʼn berg geklim” en voel hy het die spits bereik en daarom is hy “1 000% seker” dat hy sy renloopbaan vaarwel moet groet.

Rosberg het ook sy vrou Vivian en dogter Alaïa bedank vir die opofferings wat hulle vir hom gemaak het en bygevoeg hy sien uit om nou “vir ʼn ruk net ʼn man en ʼn pa te wees”.

Die 31-jarige Rosberg is al 25 jaar lank betrokke by motorwedrenne en 10 jaar by F1.

Toto Wolff, hoof van Mercedes, het gesê dit was moeilik om die nuus geheim te hou, maar hy bewonder Rosberg se besluit. Hy het gesê die span sal van Maandag af besluit wie by spanmaat Lewis Hamilton sal aansluit.

Rosberg is die eerste heersende wêreldkampioen om sy loopbaan te beëindig sedert Alain Prost in 1993.

Die Duitser se F1-loopbaan het in 2006 saam met Williams begin totdat hy in 2010 by die Mercedes-span aangesluit het tot sy laaste wedren verlede Sondag in Abu Dhabi. Hy het 23 keer in die eerste plek geëindig en 30 keer in die eerste plek weggespring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nico fan ·

Nico, jy het op ‘n hoogtepunt besluit om uit te tree, respek ou maat en net goeie dinge vorentoe! Jy het die geld, jy het die titel so hoekom nie? Geniet jou lewe saam met jou gesin!

Verstand ·

‘n Man met verstand nadat hy die piek bereik het. Nou kom sy gesin eerste. Veels geluk Nico.

Waghond ·

Dit jammer dat hy juis nou moes uittree. Wat sou een (of twee) jaar later ‘n verskil gemaak het?
Sou graag wou sien dat hy vir “cry baby” (Hamilton) weer in 2017 die loef afsteek.

Paul ·

Nico Rosberg het ‘n goeie besluit gemaak, geniet die familie.

Mercedes moet vir Verstappen kry om vir ‘cry baby’ in toom te kom hou.

E.K. ·

Waghond – ek hoop weer hul sal daai wilde Nederlander Hamilton se spanmaat maak – dan gaan ons ‘n ding sien, hy vat nie nonsens nie! En ek dink Hamilton moet maar lekker huil vlg jaar en dikbek en onsportief wees (kon nie GLO hy het nie Nico in die kleedkamer gelukgewens eers op die podium toe dit voor die mense is, toe skielik – sore looser), Verstappen sal hom rondte vir rondte aanvat. Verstappen moet net die regte kar hê!

JC ·

Veels geluk Nico, geniet dit vorentoe met jou uittrede, jy is ‘n waardige Kampioen.
“Mad Max” gaan BESLIS Hamilton se nuwe spanmaat wees, gaan ou Hamie beslis gas gee en titel inpalm (een van vele wat nog gaan kom)!!

Theresa B ·

Ek stem saam met jou Paul. Iemand moet Hamilton op sy plek sit aangesien die “Bestuur” van Mercedes dit nie eers kan doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.