F1-renjaer sterf maande na gru-ongeluk

Jules Bianchi. Foto: Facebook

Jules Bianchi. Foto: Facebook

Die 25-jarige Franse Formule Een-renjaer Jules Bianchi is oorlede, meer as nege maande nadat hy in die Japanse Grand Prix in ʼn gru-ongeluk betrokke was.

Bianchi het ernstige breinbeserings opgedoen in die ongeluk op 5 Oktober. Sy familie het in ʼn mediaverklaring aangekondig dat hy Vrydagaand in ʼn hospitaal in Nice, Frankryk oorlede is.

“Jules het tot die einde geveg, soos hy altyd gedoen het, maar vandag het sy stryd tot ʼn einde gekom,” het die Bianchi-familie gesê. “Ons pyn is geweldig en onbeskryflik. Ons wil graag die mediese personeel by Nice se CHU-hospitaal bedank wat hom met liefde en toewyding versorg het. Ons wil graag ook Jules se kollegas, vriende, ondersteuners en almal wat die afgelope paar maande hul liefde aan hom betoon het bedank. Dit het ons krag gegee en gehelp om die moeilike tye te hanteer.”

Bianchi se ongeluk het sterk kritiek uitgelok. Dit het gedurende die wedren swaar gereën. Adrian Sutil het beheer oor sy renmotor verloor en teen ʼn veiligheidsmuur gebots. ʼn Herwinningsvoertuig is gebruik om Sutil se wrak te verwyder. Bianchi het op dieselfde plek as Sutil beheer verloor en teen die herwinningsvoertuig gebots.

Bianchi sou volgende maand sy 26ste verjaarsdag gevier het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eliza-beth ·

Baie jammer – so talentvolle jongman wat beslis ‘n groot toekoms in F1 gehad het.

Isabel ·

So jammer dat dit waarvoor hulle n passie het hulle dood kos

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.