F1 terug in Las Vegas

(Foto: Formula One, Twitter)

Die Formule 1-aandwedren word volgende jaar – ná vier dekades – weer in Las Vegas aangebied. Die laaste aandwedren wat in dié stad aangebied is, was in 1982.

Die wedren sal op ’n Saterdagaand in November plaasvind.

Hierdie wedren sal volgende seisoen – saam met dié in Miami en Austin – die derde Grand Prix in die VSA wees.

Stefano Domenicali, president van Formule 1, beskryf dit as ’n ongelooflike oomblik vir dié sport. “Dit is ’n bewys van die groot aanklank en groei van dié wedren,” sê hy.

(Foto: Formula One, Twitter)

“Las Vegas is wêreldwyd bekend as ’n joviale bestemming wat groot vermaak en opwinding bied. Daar is geen beter plek vir Formule 1 as in dié vermaakhoofstad van die wêreld nie.”

Die wedren – met 50 rondtes – sal van begin tot einde oor 6,12 km strek en renjaers sal na raming ’n spoed van meer as 342 km/h bereik.

Las Vegas het net in 1981 en 1982 Formule 1-wedrenne aangebied.

Die Miami Grand Prix vind op 8 Mei plaas terwyl die Amerikaanse Grand Prix op 23 Oktober in Austin, Texas, plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.