Fabergé-eier van £20 miljoen eindig amper in skrootwerf

Die Fabergé-eier wat vir £20 miljoen gekoop is.

Die Fabergé-eier wat vir £20 miljoen gekoop is.

ʼn Goue Fabergé-eier ter waarde van £20 miljoen (meer as R350 miljoen) het amper in ʼn skrootwerf opgeëindig.

BBC berig dat die eienaar die eier vir sowat £8 000 (sowat R140 000) gekoop het, met die hoop dat hy die goud kon laat smelt. Dit was eers nadat hy ʼn aanlynberig gelees het dat hy besef het dat die eier een van 50 is wat vir die Russiese koninklike familie gemaak is. Die eier is vir £20 miljoen deur ʼn versamelaar gekoop.

Die eier wat slegs sowat 8cm hoog is, sal van 14 tot 17 April by Wartski in Londen aan die publiek ten toon gestel word. Volgens CNN is die spesifieke eier die derde een wat gemaak is en was dit ʼn geskenk van tsaar Alexander die derde aan sy vrou in 1887. Na die revolusie is 42 van die Fabergé-eiers deur versamelaars en museums opgeraap.

Daar is vermoed dat die ander agt, insluitend die eier wat nou gevind is, verlore geraak het. Dit is nie duidelik waar die ander sewe eiers is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.