Facebook was vir ‘n wyle Dinsdag nie beskikbaar nie weens ‘n tegniese fout by hul webbedieners.
Die sosialemedia-netwerke Tinder en Instagram is ook deur Facebook se onderbreking geraak. Volgens berigte het Dinsdagoggend se onderbreking vir sowat 40 minute geduur en het die probleem oor vier kontinente voorgekom.
CNBC berig dat dit nie die eerste keer is dat Facebook wydverspreide onderbrekings ervaar nie. Op 23 September 2010 was Facebook vir nagenoeg twee en ʼn half ure nie beskikbaar nie. Facebook het dit beskryf as die “grootste onderbreking in meer as vier jaar”.
Facebook was ook in Junie verlede jaar vir sowat 30 minute nie beskikbaar nie. Dié probleem het glo wêreldwyd voorgekom.
Twiiter-gebruikers het soos in die verlede die spot met Facebook gedryf. Talle gebruikers het hul misnoeë op Twitter uitgespreek met allerhande humoristiese grafika en tong-in-die-kies-kommentaar.
Dit neig om te klink asof dit erger was om te verwerk as load shedding.
En die mensdom is histeries…………. Arme goed.
Ag nee regtig!! Kry ‘n lewe, ‘n REGTE EEN!!
ja-nee ek weet nie waarom die mense so aangaan nie, kyk ek is ook gereeld op facebook maar as hy af is is dit ook nou nie ‘n train smash nie. Stem saam jou Dave
Hulle sê as jy nie vir 3 dae sonder ‘n ding kan klaarkom nie is jy verslaaf maar dit klink of sommige mense nie eens 3 minute sonder die ding kan oorleef nie. Dis eintlik hartseer
jip dit is hartseer. dit klink omtrent so ne
Nee kyk, nou het ek lekker gelag. Ek gebruik ook facebook en was nie eens bewus daarvan dat hy af was nie. Kan dit regtig so verslawend wees? As my facebook nie werk nie gaan relax ek maar met n koppie koffie en n tydskrif. Geen rede vir my tot histerie nie.
Ai was Face-book af …..LOL ….was nie eers bewus