Facebook, Google swaar beboet oor koekies

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Franse reguleerders het Google en Facebook met ’n reusebedrag van €210 miljoen (sowat R3 miljard) beboet oor hul gebruik van webkoekies, die data wat gebruik word om unieke gebruikers aanlyn op te spoor.

Frankryk se nasionale kommissie vir inligtingstegnologie en vryheid (CNIL) sê daar is vasgestel dat die webwerwe facebook.com, google.fr en youtube.com nie gebruikers die opsie bied om die gebruik van webkoekies te weier nie.

Die twee platforms het nou drie maande om hul praktyke aan te pas voordat verdere boetes van €100 000 (sowat R1 miljoen) per dag opgelê word.

Google het intussen aan AFP gesê hy gaan sy praktyke ná die uitspraak aanpas.

“In ooreenstemming met die verwagtinge van internetgebruikers… is ons daartoe verbind om nuwe veranderinge in werking te stel, sowel as om aktief met CNIL saam te werk in reaksie op sy besluit,” het die Amerikaanse maatskappy in ʼn verklaring gesê.

’n Webkoekie is ʼn stukkie data (tekslêer) wat ’n webwerf gebruik om besoekers se inligting te stoor.  Dit sluit byvoorbeeld taalvoorkeure en aanmeldinligting in.

Webkoekies is dus baie waardevol vir maatskappye soos Google en Facebook aangesien dit ’n manier is om advertensies – hul primêre bron van inkomste – te verpersoonlik.

ʼn Wet van die Europese Unie wat in 2018 goedgekeur is, verplig internetmaatskappye tans om gebruikers se toestemming te vra voordat koekies op hul toestelle geïnstalleer kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frank John ·

Dis soos “fishing” skelms, die hele spul, saam met Bill Gates, VN, one world order, eliminate, antie Christ

Kweperlat ·

Dis uiters kommerwekkend hoe Jan Alleman se privaatheid, en aldus sy individuele vryheid, progressief gerysmier word!! Dit kan nie anders as dat daar ‘n eksplosiewe situasie globaal aan die opbou is nie. ‘n Keelvol bevolking vir die ongenooide erodering van jou persoonlike ruimte sal lei tot rebellie!

Johnny ·

MM: €100 000 is omtrent ZAR1.8 miljoen teen huidige wisselkoers.

Marius ·

Dis hoog tyd dat hul vasgevat word en die verpligting van inentings kan onder dieselfde kam geskeer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.