Facebook gryp in oor ‘blackface’-plasings

(Foto: Thomas Ulrich/Pixabay)

Facebook het sy reëls bygewerk om plasings te hanteer wat “blackface” of anti-Semitiese stereotipes uitbeeld.

Die sosialemedianetwerk se riglyne vir gemeenskapstandaarde stel nou uitdruklik dat dié tipe inhoud verwyder sal word indien dit gebruik word om enigiemand mee te terg of te teiken.

Aldus ʼn BBC-berig Woensdag het Facebook gesê hy het met meer as 60 onafhanklike kenners in gesprek getree voor die besluit geneem is. Die groep het in ʼn verklaring gesê hy laat nie haatspraak op die platform toe nie, omdat dit ʼn omgewing van intimidasie en uitsluiting skep en, in sommige gevalle, tot geweld in die werklike lewe kan lei.

Die maatskappy het verduidelik dat hy haatspraak definieer as ʼn direkte aanval op mense, gebaseer op “beskermde karaktereienskappe”, soos ras, etnisiteit, nasionale oorsprong, godsdienstige oortuigings, seksuele oriëntasie, geslag, geslagsidentiteit en ernstige siekte of gestremdheid.

Facebook se reëls sluit al lankal ʼn verbod in op haatspraak wat onder andere met ras, etnisiteit en godsdienstige oortuiging verband hou, maar dit is nou gewysig om karikature van swart mense te spesifiseer in die vorm van blackface, asook verwysings na Jode wat die wêreld of groot instansies beheer, soos medianetwerke, die ekonomie of die regering, aldus die BBC.

Facebook het intussen gesê hy het meer deursigtige reëls ontwikkel en sal ʼn oorsigtelike raad aanstel wat binnekort van hul moeilikste inhoudsbesluite sal hersien.

Die maatskappye het bygevoeg die gebruik van kunsmatige intelligensie (AI) het só verbeter dat dit oortredings oor ʼn wye verskeidenheid van gebiede kan herken, sonder om op gebruikers staat te maak om inhoud aan Facebook te rapporteer – en dit word gereeld met groter akkuraatheid gedoen eerder as inligting wat van gebruikers ontvang word. Dit help Facebook om skadelike inhoud te herken en te voorkom dat dié inhoud deur honderde duisende mense gesien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kobus ·

Nou verstaan ek nie. Vele oproepe deur swartmense om blankes en veral boere uit te wis word toegelaat deur FB. Verstaan ek verkeerd?

Stofdonkie ·

En die funksies van facebook werk ook nes ons anc. As dit swart op wit is dan sien hulle niks fout daarmeee nie, maar laat wit nou net naastenby iets sê oor swart, dan gaan daar twaalf alarms af en word die person sommer geblok.

Misky ·

Ek het nou al soveel posts op fb gaan report en waar daar openlike haatspraak is en sê boere moet vermoor word en hulle verlekker hulle daarin. Na ek report het by fb, kry ek net boodskap wat sê daar is niks fout nie en dis afgehandel. Belaglik man en dubbel standaarde

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.