Facebook-hoof skenk $3 miljard om siektes uit te roei

Mark Zuckerberg, en sy vrou, Priscilla Chan (September 2016) Foto: AP Photo/Jeff Chiu

Mark Zuckerberg, en sy vrou, Priscilla Chan (September 2016) Foto: AP Photo/Jeff Chiu

Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Facebook, en sy vrou Priscilla Chan, het ʼn splinternuwe doelwit: om alle siektes teen die einde van hierdie eeu te genees, te bestuur of uit te roei.

Die Chan Zuckerberg Initiative, die egpaar se filantropiese organisasie, het gevolglik homself daartoe verbind om oor die volgende dekade $3 miljard te skenk om basiese wetenskapnavorsing te bevorder.

Die skenking sluit $600 miljoen in vir ʼn nuwe navorsingsentrum by die University of California in San Francisco. Dit word gesamentlik deur die UCSF, UC Berkeley en Stanford University bestuur onder leiding van Cori Bargmann, ʼn neurowetenskaplike.

Zuckerberg en Chan, wat vroeër aangekondig het dat hulle 99% van hul rykdom sal skenk, het die afgelope twee jaar met wetenskaplikes en kenners vergader om die projek te beplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Alleen ·

Kanker eis een uit twee lewens wêrelwyd. So het ook ek alleen geraak daardeur.
Mark en Priscilla, ek salueer julle.

Stefaans ·

Hierdie jongman het sy talent ontwikkel – hy het nie klippe gegooi of die universiteit probeer vernietig nie. Ek gun hom sy sukses, sy toekomsvisie is prysenswaardig.

Therese van Schalkwyk ·

Ook ‘n goeie idee as daar iewers ‘n Mark Zuckerberg wil opstaan en $3 miljard skenk vir dringende geboortebeplanningsveldtogte wêreldwyd.

In droogtegeteisterde Afrika-lande is die lyding van ondervoede baba’s en kleuters in gróót gesinne opvallend. Noodsaaklike buitelandse skenkersgeld, wat nie altyd oordeelkundig aangewend word nie, vererger op ‘n ironiese wyse hierdie probleem.

Die groot getalle kinders jonger as ses onder die miljoene Siriese vlugtelinge toon duidelik dat gesinsbeplanning onder haglike omstandighede in die oorloggeteisterde Midde-Ooste ook nie juis ‘n faktor is nie.

Selfs in vooruitstrewende Westerse lande met gevorderde maatskaplike dienste, is die uitgebreide gesinne dikwels dié wat dit die minste kan bekostig.

Water en kos raak oral minder en duurder, maar medisynes en mense meer. Die Aarde gaan werklik “uit sy wentelbaan geteel” word … soos iemand ‘n tydjie gelede gespot het!

M A ·

Ek sien alweer hoe n vriend as proefkonyn vir kankerbehandeling gebruik word, terwyl daar in werklikheid geen hoop op herstel is nie. Dokters probeer net om desperate mense se laaste sent te kry. Sies!

Francois le Cochon ·

@MA. Daar is nie ‘n geldwaarde op ‘n mens se lewe, ongeag jou lewenskwaliteit. Niemend word verplig om mediese behandeling te kry nie. As dit jou keuse is om jou lewe deur mediese behandeling te laat verleng, kan daar nie gese^ word dat die dokter jou uitbuit nie.

M'Lady ·

Mnr Zuckerberg het nie verder gedink as wat sy neus lank is nie, Op die oomblik is daar 7 biljoen mense op planeet aarde. As niemand nou meer gaan sterf nie wat se druk gaan dit nie op die planeet plaas nie of gaan helfte van die bevolking op ander planete moet gaan bly? Hy moet eerder sy geld bele in gesinsbeplanning. Dit sou van meer waarde gewees het.

Reinhardt ·

Daar sal altyd iets wees wat mense doodmaak, dis hoe natuur werk. Of dit nou n siekte is of onsself is.

Engela ·

M’Lady gaan doen eers jou huiswerk en kyk wat hy al gegee het vir allerlei instansies voor jy beledigend raak. As iemand na aan jou aan een van die siektes gely het waarvoor hulle nou navorsingsgeld gee sou jy ‘n ander deuntjie gesing het.

anneke ·

Very noble quest, Mr Zuckerberg, very noble.

Maar ek is bevrees, solank as wat daar mense op die blou planeet gaan asemhaal, solank sal daar siektes wees. Geen geld in die wêreld sal siektes wen nie,

Jean ·

Dankie, hoop KANKER kry hierdie keer ook aandag, dis net VIGS wat al die geld opneem en waaroor almal bekommerd is terwyl mense daagliks sterf aan Kanker en Motorneuronsiektes wat tot nou toe nie veel aandag geniet het nie. Daar is nie ‘n KANS dat niemand meer aan siektes gaan doodgaan nie, die geld is BAIE, maar nie genoeg om die hele wereld se siektes uit te roei nie.

Mamparra ·

Goeie werk. Hoop hy kom by die pharmaseutiese reuse verby wat geld maak uit siektes uit.

Ella ·

Sterkte aan hulle, die gedagte is edel, ek dink ook daar moet meer aandag gegee word aan gesins beplanning – ‘n mens is nie veronderstel om kindertjies in die wereld te bring waarvoor jy nie kan sorg nie (verantwoordelikheid) op die ou einde word die siek en honger kindertjies ons almal se probleem.

Deon Barnard ·

Zuckerberg is ‘n klein knopg_t wat die anti Israel en haatspraak op sy Facebook probeer verbloem. Hy weet nie waarvan hy praat nie. Die mees gevorderde mediese enovasies en tegnologie kom juis uit Israel, maar hy weier om ISIL,HAMAS,IRAN en andere, se deigemente en haat von facebook af te haal. As hy my seuntjie was, had hy lankal ‘n skrobering.

Karen ·

Wel, die eerste ding wat uitgewis moet word is Facebook. Die gedrog het al derduisende lewens verwoes (verhoudings, naakte fotos, ens., ens., ens.).
Mark, wat ‘n tipiese sensasiesoeker. Hou maar verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.