Facebook-hoof skenk $3 miljard om siektes uit te roei

Mark Zuckerberg, en sy vrou, Priscilla Chan (September 2016) Foto: AP Photo/Jeff Chiu

Mark Zuckerberg, en sy vrou, Priscilla Chan (September 2016) Foto: AP Photo/Jeff Chiu

Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Facebook, en sy vrou Priscilla Chan, het ʼn splinternuwe doelwit: om alle siektes teen die einde van hierdie eeu te genees, te bestuur of uit te roei.

Die Chan Zuckerberg Initiative, die egpaar se filantropiese organisasie, het gevolglik homself daartoe verbind om oor die volgende dekade $3 miljard te skenk om basiese wetenskapnavorsing te bevorder.

Die skenking sluit $600 miljoen in vir ʼn nuwe navorsingsentrum by die University of California in San Francisco. Dit word gesamentlik deur die UCSF, UC Berkeley en Stanford University bestuur onder leiding van Cori Bargmann, ʼn neurowetenskaplike.

Zuckerberg en Chan, wat vroeër aangekondig het dat hulle 99% van hul rykdom sal skenk, het die afgelope twee jaar met wetenskaplikes en kenners vergader om die projek te beplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Alleen

Kanker eis een uit twee lewens wêrelwyd. So het ook ek alleen geraak daardeur.
Mark en Priscilla, ek salueer julle.

Stefaans

Hierdie jongman het sy talent ontwikkel – hy het nie klippe gegooi of die universiteit probeer vernietig nie. Ek gun hom sy sukses, sy toekomsvisie is prysenswaardig.

Therese van Schalkwyk

Ook ‘n goeie idee as daar iewers ‘n Mark Zuckerberg wil opstaan en $3 miljard skenk vir dringende geboortebeplanningsveldtogte wêreldwyd. In droogtegeteisterde Afrika-lande is die lyding van ondervoede baba’s en kleuters in gróót gesinne opvallend. Noodsaaklike buitelandse skenkersgeld, wat nie altyd oordeelkundig aangewend word nie, vererger op ‘n ironiese wyse hierdie probleem. Die groot getalle kinders jonger as ses onder die miljoene Siriese vlugtelinge toon duidelik dat gesinsbeplanning onder haglike omstandighede in die oorloggeteisterde Midde-Ooste ook nie juis ‘n faktor is nie. Selfs in vooruitstrewende Westerse lande met gevorderde maatskaplike dienste, is die uitgebreide gesinne dikwels dié wat dit die… Lees meer »

M A

Ek sien alweer hoe n vriend as proefkonyn vir kankerbehandeling gebruik word, terwyl daar in werklikheid geen hoop op herstel is nie. Dokters probeer net om desperate mense se laaste sent te kry. Sies!

M'Lady

Mnr Zuckerberg het nie verder gedink as wat sy neus lank is nie, Op die oomblik is daar 7 biljoen mense op planeet aarde. As niemand nou meer gaan sterf nie wat se druk gaan dit nie op die planeet plaas nie of gaan helfte van die bevolking op ander planete moet gaan bly? Hy moet eerder sy geld bele in gesinsbeplanning. Dit sou van meer waarde gewees het.