Facebook is af, bel die polisie!

Skermskoot van sheriff Brink se Twitter-plasing

Skermskoot van sheriff Brink se Twitter-plasing

Talle gebruikers is só verknog aan Facebook, dat hulle die polisie gebel het toe dié sosialemedia-netwerk se webbedieners Vrydag vir ʼn wyle probleme gegee het.

Sersant Burton Brink, ʼn sheriff in Los Angeles, Amerika, moes van Twitter gebruik maak om die publiek in kennis te stel dat hulle nie die polisie kan kontak in só geval nie. “#Facebook is nie ʼn wetstoepassingskwessie nie, moet ons asseblief nie bel om te sê dit is af nie, ons weet nie wanneer Facebook weer sal aan wees nie!” het Brink op sy Twitter-rekening gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Ai tog, ek kan aan baie beter goed dink om aan verslaaf te raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.