Facebook-romanse eindig tragies

facebook 2ʼn 22-jarige man het sy vriendin doodgeskiet nadat hy uitgevind het sy was oneerlik op haar Facebook-profiel.

Vineet Singh en Jyoti Kori (45), albei van Indië, het vir twee jaar lank ʼn verhouding op Facebook gehad sonder dat hulle ooit in persoon ontmoet het. Singh het egter besluit dit is tyd dat hulle in lewende lywe ontmoet.

Singh het tydens die ontmoeting uitgevind dat Kori nie 21 jaar oud is soos wat sy beweer het nie en dat sy getroud was met drie kinders. Singh het Kori doodgeskiet waarna hy homself ook geskiet en gewond het. Singh is na ʼn hospitaal geneem waar hy later oorlede is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

judith ·

N Cyber verhouding is vir mense soms net so truamaties om te verbreek as die regte lewe. En hy was bloedjonk nie volwasse genoeg nie. En dan om uit te vind sy is dubbel sy ouderdom met kinders het hom seker te vergedryf. … Dis jamer dat sulke dinge gebeur.

AmY ·

Baie erg, maar dit kon natuurlik op enige sosiale netwerk of ander ‘dating site’ gebeur het. Nou is ‘arme facebook weer in die spervuur’. Maar ja, daai vrou moes in die eerste plek nie gelieg het nie. Nou het sy met haar lewe betaal vir haar leuens en kinders is sonder ‘n ma gelaat.

Jan Jobco ·

Ouderdoms verskil werk net nie,die jong manne soek plesier en middel jarige vroue 44+ wil op gepas wees, 21 kwalifiseer as oppaser vir die 45 TERT.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.