Facebook verwyder meer as 1 miljard vals profiele

Argieffoto.

Facebook het gedurende die laaste kwartaal van 2020 meer as 1,3 miljard vals profiele van hul platform verwyder.

Guy Rosen, Facebook se visie-president vir integriteit, het Maandag gesê dat dit deel is van die voortdurende stryd teen die verspreiding van vals inligting.

“Ons probeer om sover moontlik vals inligting van ons apps af te hou, en ons het stappe gedoen om dit te bewerkstelling. Dit is gedoen ten koste van gebruikersgroei en betrokkenheid,” het Rosen in ʼn plasing gesê.

Dié inisiatief kom voor ʼn belangrike verhoor in die Amerikaanse kongres wat aanlyn platforms ondersoek. Mark Zuckerberg, hoof van Facebook, sal Donderdag saam met die topbestuurders van Google en Twitter getuig oor die verspreiding van vals inligting.

Vals profiele word dikwels gebruik om misleidende of vals inligting te versprei, en werk soms saam met gekoördineerde pogings om openbare debat te manipuleer vir ʼn strategiese doel.

“Ons trek  ʼn streep as dit kom by hierdie tipe aktiwiteit en ons verwyder elke dag miljoene vals profiele. Die meeste word verwyder soos hulle geskep word.”

Facebook het glo 35 000 mense aangestel wat daaraan toegewy is om die verspreiding van vals inligting hok te slaan. Die sosiale netwerk maak ook gebruik van kunsmatige intelligensie om bedrog of strooipos op te spoor. Die outomatiese stelsels het reeds meer as 12 miljoen brokkies vals inligting oor Covid-19 of entstowwe verwyder.

Volgens Rosen bied Facebook ook toegewyde afdelings wat inligting oor onderwerpe soos klimaatsverandering en Covid-19 bevat.

“Ondanks al hierdie pogings, is daar sommiges wat steeds glo dat ons geld daaruit maak om nie hierdie verkeerde inligting te verwyder nie. Die teenoorgestelde is egter waar.”

Kritici beskuldig Facebook daarvan dat hulle te min gedoen het om vals inligting op die platform te stuit en dat hulle selfs die verspreiding daarvan bevorder sodat betrokkenheid op die platform groter word en hulle meer geld uit advertensies kan verdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bolander ·

Vals profiele is mense wat nie polities korrek is volgens Zuckerberg se aggendas

Werner ·

Korrek. “Vals” inligting is n sinoniem vir “teen die politieke geur van die maand”

Misky ·

Hulle is ook maar kieskeurig met wat hulle beskou as “vals inligting” en sal verwyder. Ek het al self op paar geleenthede profiele rapporteer vir haatspraak op fb. Na die tyd kry ek bdskap om te sê dit sal ondersoek word en terugkom na my. Later kom hulle terug en sê hulle vind niks fout met die persoon se stelling of sê goed nie (ek verwys nou spesifiek na laasjaar se Senekal fiasko en BM wat openlik gesê het hulle gaan om dood te maak). Maar deel nou n plasing van plaasmoorde en dit word verwyder…… Hoe is dit regverdig

Stof ·

Inderdaad is die FB regters se oordeel maar swak. Net omdat my naam anders is as die voorspelbare, is ekself ook verwyder. Dalk, omdat evangeliste ook nie welkom is nie?
Vals, die uwe…
NS: Wel te ruste aan die regters, as hulle kan…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.