FBI soek steeds die SA ‘pedofiel’

Barrett Preston Busschau. Dié foto is in 1993 geneem. Foto: FBI

Die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) soek nog steeds na ʼn vermeende pedofiel wat moontlik in Suid-Afrika skuil.

Barrett Preston Busschau is op 27 Julie 1993 in die Clackamas-distrik in Oregon in hegtenis geneem vir die beweerde molestering van vyf meisies, tussen vyf en 15 jaar oud. Busschau was toe vermoedelik 18 jaar oud.

Volgens inligting wat deur die FBI uitgereik is, staan Busschau tereg op ʼn reeks aanklagte wat seksuele aanranding, verkragting en sodomie insluit. Busschau is op borgtog vrygelaat hangende die verhoor teen hom, maar het op die vlug geslaan en nie op 4 Oktober 1993 in die hof verskyn soos hy moes nie. ʼn Lasbrief vir sy inhegtenisneming is kort daarna uitgereik.

Volgens die FBI is Busschau in Johannesburg gebore, maar het hy in 1984 na die VSA gereis en is hy in 1989 permanente verblyfstatus toegeken. Die owerhede glo Busschau kon moontlik in die tyd sedert hy op die vlug geslaan het na Kalifornië of Panama gereis het, maar vermoed hy woon tans in Suid-Afrika.

Busschau gebruik ook die name Barrett Preston Bussachau, Barrett Preston Busschall en Barrett Busschall. Hy het bruin hare, blou oë en is tussen 1,6 en 1,8 m lank. Volgens die FBI het hy ʼn tatoeëermerk van ʼn groen en pers yin-yang-simbool met twee kolletjies langsaan op sy regterenkel.

Die FBI bied ʼn beloning van $10 000 (ongeveer R120 000) aan vir inligting wat direk tot Busschau se inhegtenisneming kan lei. Enigiemand met meer inligting oor waar Busschau homself bevind, word versoek om die FBI direk of die naaste Amerikaanse ambassade of konsulaat te kontak.

ʼn Kunstenaarsvoorstelling van hoe Barrett Preston Busschau moontlik nou lyk. Skets: FBI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johanna Botha ·

Ons weet tot van die FBI wat metse hier wil opspoor , vang en vervolg maar in SA loop die moordenaars verkragters , diewe en booswigte salig en vrylik rond ….Die polisie in SA is SO useless want al vang hulle die skelms ontsnap hulle uit aanhouding ….mos al baie dit gelees !

Daan ·

Dit is hoekom hulle Presedent gesê het wat hy van hierdie agtertant land dink. Ek stem 100% saam

Pop ·

Lekker land diè om weg te kruip. Elke moontlike tipe gespuis kry skuiling hier teen vervolging. Al sien n wetsgehoorsame persoon hom sal polisie en regering niks doen daaraan nie.

Sê maar net ·

Maroela Media. Hy het na die VSA verhuis nie vereis nie!

JSG ·

Hoop hy kom kruip hier in ons dorpie weg. Kan nogal doen met daai beloning.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.