Die VSA se Food and Drug Administration (FDA) het ‘n “kopband” goedgekeur wat gebruik kan word om te keer dat ‘n mens migraine kry.
Een van die weergawes lyk byna soos ‘n tiara.
Die “kopband” staan as die Cephaly bekend en is deur ‘n Belgiese firma ontwikkel. Dit word op die voorkop geplaas, werk met batterye en stuur lae elektriese pulse na die senuwees wat met migraine geassosieer word. Toetse wat op 67 mense gedoen is, het getoon dat hulle minder migraine kry as andersins.
Dit voorkom egter nie altyd migraine nie, en help ook nie as die skeelhoofpyn reeds toegeslaan het nie. Dit is veral geskik vir mense wat nie gewone medikasie vir migraine kan hanteer nie.
Bronne: Yahoo News, ANI News, Health Newsline
Die apparaat herinner baie na die placebo “Power Balance” armbande.