FDA keur “kopband” goed wat migraine kan keer

kopbandDie VSA se Food and Drug Administration (FDA) het ‘n “kopband” goedgekeur wat gebruik kan word om te keer dat ‘n mens migraine kry.

Een van die weergawes lyk byna soos ‘n tiara.

Die “kopband” staan as die Cephaly bekend en is deur ‘n Belgiese firma ontwikkel. Dit word op die voorkop geplaas, werk met batterye en stuur lae elektriese pulse na die senuwees wat met migraine geassosieer word. Toetse wat op 67 mense gedoen is, het getoon dat hulle minder migraine kry as andersins.

Dit voorkom egter nie altyd migraine nie, en help ook nie as die skeelhoofpyn reeds toegeslaan het nie. Dit is veral geskik vir mense wat nie gewone medikasie vir migraine kan hanteer nie.

Bronne: Yahoo News, ANI News, Health Newsline

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Riaan ·

Die apparaat herinner baie na die placebo “Power Balance” armbande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.