Federer bly koning – ook op water!

Roger Federer van Switserland Foto: Ennio Leanza/Keystone via AP

Roger Federer, Grand Slam-kampioen, het Andy Murray uitgedaag vir ʼn potjie tennis – op water.

Federer en Murray het vir die Match for Africa 3-spel voorberei op ʼn vlot in die Limmat-rivier in Zürich. Die wedstryd, by Hallenstadion, is gespeel ten bate van liefdadigheid. Die geld wat ingesamel is, word geskenk aan die Roger Federer-stigting vir kinderopvoeding in Afrika.

Federer het Murray voor ʼn groot skare 6-3, 7-6(5) geklop.

Die 35-jarige neem later vandeesmaand aan ʼn liefdadigheidswedstryd teen die Amerikaner John Isner deel, maar is nie van plan om die kleibane aan te durf voor die Franse Ope nie. “Die liggaam moet bietjie rus, ek kan dit voel,” het die heersende Australiese Ope-kampioen aan Eurosport gesê. “Alles is goed. Ek sal terug wees vir die Franse Ope, dis die plan.”

Federer en Murray kom weer in November in Glasgow teen mekaar te staan waar die fondse aangewend sal word vir ʼn liefdadigheid van Murray se keuse, UNICEF.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Respek ·

Dis mense soos Federer wat groot respek afdwing met hulle houding op en af van die baan. Ek sien ook nie ‘prentjies’ op hulle velle so asof hulle met die pos gekom het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.