Ferrari beboet ná ongeluk in kuipe

Cigarini na die voorval. Foto: Pool/Giuseppe Cacace Via AP

Terwyl die vreugdevure hoog brand ná Sebastian Vettel se oorwinning in Bahrein, sit sy spanmaat Kimi Räikkönen met talle vrae oor wat skeefgeloop het toe hy een van die werktuigkundiges met sy motor raakgery het in die kuipe.

Die voorval het hom tydens die tweede wedren in die Formule Een-kampioenskapsreeks wat Sondagaand in Bahrein afgehandel is, afgespeel.

Met die wegspring het Vettel sy eerste plek behou, maar Räikkönen het van die tweede na die derde plek teruggesak. Met Räikkönen se tweede besoek aan die kuipe is die ervare werktuigkundige, Francesco Cigarini, met die wegtrekslag deur die linkeragterwiel van die Ferrari getref. Die werktuigkundige het die tibia en fibula in sy linkerbeen gebreek. Cigarini is ná die voorval na die baan se mediese-eenheid geneem.

Volgens Räikkönen het hy die groen lig gekry om die kuipe te kan verlaat toe hy die werktuigkundige getref het. Blykbaar het die groen lig in die kuipe wel aangedui dat Räikkönen kan wegtrek al was die linker agterwiel nog nie geruil nie. Räikkönen het nagenoeg vyftig meter verder gestop waar hy uitgeklim en die motor net daar gelaat het.

Vettel het voortgegaan en in sy Ferrari die wedren met ʼn breukdeel van ʼn sekonde gewen. Die twee Mercedes-jaers, Valterri Bottas en Lewis Hamilton, was tweede en derde.

Intussen is die beseerde werktuigkundige geopereer en op die herstelpad. Hy het reeds Maandagoggend uit sy hospitaalbed deur middel van sosiale media laat weet dat dit goed gaan.

Ferrari is met €50 000 (meer as R606 000) beboet vir die voorval in die kuipe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Koos1 ·

Dis nou die soveelste ongeluk in die kuipe. Miskien moet die outomatiese stelsel geskrap word en die “lolliepop” terug gebring word. Daar is sommige dinge wat net beter deur ‘n mens gedoen kan word.

Teleurgestel ·

Ek is ‘n baie groot Kimi aanahanger maar moet sê eks baie teleurgestel in hom.
Die oomblik wat hy uit die motor geklim het het ek gedink hy gaan na die beseerde span maat gaan maar hy het ongesteerd die kuipe in gestorm sonder om twee keer na die beseerde man te kyk.
Swak span gees.

Vraagteken ·

Sy houding was ook baie sleg na die wedren. Hy was meer bekommerd om te bewys dat hy nie skuldig was nie.

Sy algehele houding is baie sleg en arrogant – in 2005 wou hy ‘n ‘marshall’ bygekom het by ‘n wedren.

Koos1 ·

Ek glo nie sy reaksie was korrek nie, maar sy span moet ook daarvoor blameer word. Hy het vsn niks geweet nie. Hy is net vertel om te stop. Beter komunikasie glo ek sou hom anders laat optree. Maar waar was die persoon wat hom die groen lig gegee het om te ry? Het ons hom gesien by die beseerde?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.