
Sepp Blatter Foto: pressandjournal.co.uk
Sepp Blatter, president van Fifa, het Dinsdag sy bedanking aangekondig te midde van ʼn korrupsieskandaal wat die organisasie geskud het.
Blatter het tydens ʼn perskonferensie in Zürich gesê ʼn spesiale verkiesing sal binnekort gehou word om sy opvolger aan te wys, berig ESPN FC.
Blatter is Vrydag tydens die Fifa-kongres as president herverkies vir ʼn vyfde termyn.
Lees alle vorige berigte oor Fifa op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
‘n Rooikaart . . .
Nou vir die ander rooikaarte . . .
Het die oompie dan nou geskrik vir die ondersoekspan se sukses?
Verbeel ek my of lyk Danny Jordaan baie gestres deesdae op TV.
Heeltemal te skelm na my sin…
Hoekom is dit deesdae ‘n tendens dat pensioenarisse blerrie skelm is?
Fifa, Nkandla, Zim….