Finale agt vir Sokkerwêreldbeker bekend

Die span van Costa Rica vier hulle oorwinning. Foto: @FIFA1WorldCup/Twitter

Die span van Costa Rica vier hulle oorwinning. Foto: @FIFA1WorldCup/Twitter

Die laaste agt spanne wat dit vanjaar om die Fifa Sokkerwêreldbeker gaan uitspook, is bekend.

Die tuisspan, Brasilië, het so ver daarin geslaag om skandes op tuisbodem te vermy – hoewel soms broekskeur, en deur te dring.

Geen Afrikaland kon daarin slaag om die finale agt te haal nie.

Die agt lande, met hul posisie op die Fifa-ranglys tussen hakies, is Brasilië (3), Colombia (8), Nederland (15), Costa Rica (28), Frankryk (17), Duitsland (2), Argentinië (5) en België (11).

Costa Rica het wêreldwyd die harte gesteel deur ver bo hul ranglysposisie met oorgawe te speel. Dit is jammer dat Costa Rica en Nederland in die komende rondte teen mekaar moet speel, want baie sokkergeesdriftiges sou wou sien dat hierdie twee spanne beide verder moes vorder.

Spanje, wat nommer een op die Fifa-ranglys is, is reeds in die groepfase uitgeskakel.

Frankryk en Duitsland pak mekaar Vrydag in Rio de Janeiro, terwyl Brasilië en Colombia mekaar dieselfde dag in Fortaleza pak. Saterdag kom België en Argentinië in die hoofstad Brasilia teen mekaar te staan, terwyl Nederland en Costa Rica mekaar in Salvador die stryd gaan aansê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.