Firma wil Antarktiese ysberge ‘oes’

Foto: travel.nationalgeographic.com

’n Firma van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) het planne bekend gemaak om ysberge van Heardeiland naby Antarktika te “oes” en met ’n sleepboot byna 9 000 km ver na die VEA te sleep.

Volgens ’n woordvoerder van die firma, die Nasionale Adviesburo, sal dit ’n jaar neem om die ysberge volgens die beplande roete na die woestynland te sleep.

So ’n ysberg sal genoeg water oplewer om ’n miljoen mense vyf jaar lank van water te voorsien nadat dit in die VAE aangekom het.

Daar word beplan om vroeg volgende jaar met die projek te begin.

Die firma meen so ’n projek sal nie net toerisme bevorder nie, maar kan dalk ’n genoegsame invloed op die land se mikroklimaat uitoefen om die reënval te laat toeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

MCH ·

Hoop die Wes Kapenaars kan ook so n yskoue bergie of twee nadersleep.

Verwonderd ·

:) Ek sal graag vir my ‘n groot plaas in Suid Afrika wou koop… Maar nou ja… Sê nou maar is ‘n lekker sê… alles wat ‘n mens se hart wil hê…:)

Kiepie ·

En dis nie eers 1 April nie. Werklikheid is soms regtig vreemder as fiksie.

amvi ·

Malligheid. Nou moet die natuur weer ly terwille van die mens.

Waterdraer ·

Uitstekende plan! Hulle kan n groot plastieksak rondom die ysberg sit en teen die tyd dat dit die kaap bereik behoort dit al gesmelt te wees, of na n kort bergperiode. Dan kan die water kus toe gepomp word.

Therese van Schalkwyk ·

Liewe land, iets klink nie reg nie.

Die Arabiere se olie word ten duurste verkoop, maar self sleep hulle doodluiters ‘gratis’ kosbare ysberge rond. Dit, terwyl die wêreld se groenes voortdurend op die oorlogspad is oor ‘global warming’, stygende seevlakke en ysbere wat uitsterf.
Die VAE se “mikroklimaat” is een ding, maar wat van die Arktiese streek s’n? Enige impakstudies?

Weet “Antie Poppie” hiervan? ;-)

jaco ·

PW Botha wou dit ook doen, maar die ou verskoning van “daar is nie geld nie” het dit gekeer. Daar is nou ook nie geld nie. Dis alles gemors op Nkandla, sokkerstadions wat skaars gebruik word, reusagtige salarisse, omkoopgeld vir die Guptas, ens ens ens.

Flibo ·

Hulle foeter alweer met die natuur. Hy gaan julle byt, passop !!!!

De Villiers ·

Die impak op die natuur daar sal defnitief negatief wees omdat dit ‘n belangrike rol speel. Ysbere byvoorbeeld swem van ysberg tot ysberg vir rus as hulle lang togte aanpak. Indien die afstand te ver is, verdrink hulle van moegheid. Sekere pikkewyne en seeleeus weer gebruik dit om geboorte te skenk en hul kleintjies daar groot te maak. Net om ‘n paar voorbeelde te noem.

Ai ·

Ja Kosie, nie ysbere nie maar gaan lees maar hoeveel verskillende spesies is daar. Jy besef nie hoe kommerrend dit is nie aangesien baie lande n kwansuise ooreenkoms geteken het dat sulke goed juis nie gedoen mag word nie. Antarctica is veronderstel om off limits te wees en is onder bewaring. Al wat veronderstel is om daar gedoen te mag word is Wetenskaplike navorsing. So dit beteken die lande wat kwansuis die ooreenkoms geteken het het nou al klaar weer geswig vir die mighty dollar.

Paul ·

Besef jy hoe groot is Antarktika?

Besef jy dat ysberge elke jaar wegdryf van Antarktika en dat daar elke jaar nuwes vorm? Dit pla nie die pikkewyne en seeleeus en dinge as die ysberge te ver wegdryf nie. Daar was al ysberge wat sigbaar was vanaf Kaapstad. In April 1948 het dit byvoorbeeld gebeur dat ‘n skip ‘n groot ysberg van drie myl lank, naby Kaapstad gewaar het. Dit het nie pikkewyne van Antarktika gepla nie.
Dis ys wat hulle wil sleep. Ys wat in elk geval gewoonlik wegdryf.

Die enigste verskil met die doelbewuste sleep van ‘n ysberg is dat dit teen ‘n groter spoed as gewoonlik en in ‘n spesifieke rigting gedoen sal word. Waar ‘n ysberg gewoonlik uiteindelik smelt oor ‘n lang tydperk omdat dit in warmer water inbeweeg, sal die sleep van ‘n ysberg in ‘n doelbewuste rigting moontlik kan verhoed dat dit smelt voordat dit by sy bestemming in warm water aankom.

Die enigste verskil

Therese van Schalkwyk ·

Paul

Jou kommentaar is gerusstellend, maar laat steeds die vraag … as ysberge so maklik vorm, waarom die hewige reaksies en omgewingshisterie oor smeltende ys en stygende seevlakke wêreldwyd?

Die VAE kan dus in die toekoms bloot die smeltende ys in die Noordpool aanvul uit Antarktika en almal kan rustig slaap … en vir Trump laat begaan.

marous ·

Gaan oes dan al hul sand sodat hulle in ‘n olie bad bly .

Hennie ·

Net so onsinnig as om ‘n pyplyn van Antarktika aan te le.

Met Eish ·

Ek wonder al jare hoekom niemand dit al probeer het nie. Dink net hoe kan die Kaap se water aangevul word op die manier. En dis nie eens so ver as die VAE nie. Boonop is die see by die Kaap in elk geval so koud dat dit nog langer sal vat om te smelt, dus kan mens ‘n kleiner een bring wat die koste sal afbring. Dan het die Kaap sommer 2 berge: een “met eish” en een daarsonder!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.