Floyd Mayweather sy titel kwyt

Floyd "Money" Mayweather (links) en Manny "Pacman" Pacquiao Foto: The Telegraph

Floyd “Money” Mayweather (links) en Manny “Pacman” Pacquiao Foto: The Telegraph

Floyd Mayweather is sy weltergewigtitel van die Wêreldboksorganisasie (WBO) kwyt.

Mayweather se titel is van hom weggeneem nadat hy versuim het om teen Vrydag die sowat R2,5 miljoen se bekragtigingsfooi wat deur die WBO vereis word te betaal. Mayweather het in Mei vanjaar die sogenaamde “geveg van die eeu” teen Manny Pacquiao is Las Vegas gewen en het dit hom glo nagenoeg R2,7 miljard in die sak gebring.

“Ten spyte daarvan dat mnr. Mayweather ʼn verlengde spertyd gekry het om ons in te lig van sy posisie in die WBO se weltergewigafdeling en om afstand te doen van sy twee 154-pond wêreldtitels, het die WBO se komitee geen reaksie van hom of sy regsverteenwoordigers gekry nie,” het die WBO in ’n verklaring gesê.

“Die WBO se wêreldkampioenskapkomitee het dus geen ander keuse as om mnr. Mayweather nie meer as die WBO weltergewig-wêreldkampioen te erken nie en sy titel weg te vat.”

Volgens die WBO se regulasies moes Mayweather ʼn fooi van 3% van sy verdienste, of ’n maksimum van sowat R2,5 miljoen, betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.