Fluitjieblaser vir koronavirus sterf

Dr. Li Wenliang (Foto: ANA)

Een van die dokters wat in Desember vir die eerste keer alarm gemaak het oor die uitbreek van die dodelike koronavirus is Vrydag weens dié virus dood.

Dr. Li Wenliang (34) is in ’n hospitaal in Wuhan in China dood, waar die eerste geval van die virus aangemeld is. Hy het die virus opgedoen terwyl hy ’n pasiënt hiervoor behandel het.

Li was een van agt dokters wat in Desember kollegas gewaarsku het oor die virus. Hy het op 3 Desember ’n toetsmonster opgemerk wat op die teenwoordigheid van ’n koronavirus soortgelyk aan een van die variasies daarvan, Sars, gedui het. Dié virus het in die vroeë 2000’s sowat 800 lewens geëis.

Li het sy volgelinge op die sosialemediaplatform Weibo gewaarsku dat sewe pasiënte die virus opgedoen het. Die polisie het hom egter kort daarna besoek en gedwing om ’n verklaring te onderteken waarin hy moes aanvoer dat hy onwaarhede rakende die virus versprei het.

Li het egter op 10 Januarie begin hoes waarna hy die daaropvolgende dae ’n koors ontwikkel het en begin sukkel het om asem te haal. Hy is teen die einde van die maand met die virus gediagnoseer.

Die Diamond Princess. (Sadayuki Goto/Kyodo News via AP)

Sowat 636 mense in China is intussen aan die koronavirus dood met meer as 31 000 gevalle aangemeld. Altesaam 73 mense is nét Donderdag aan dié virus oorlede.

Japan het intussen 41 gevalle van die virus aan boord van die skip Diamond Princess aangemeld. Die skip is reeds dae lank in ’n hawe in Jokohama in Japan vasgemeer, nadat ’n 80-jarige man van Hongkong, wat verlede maand op die vaartuig was, die virus opgedoen het.

Passasiers en bemanning van die Diamond Princess is vir ’n tydperk van 14 dae in kwarantyn geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jinny jualinda ·

Ek voel jammer vir die dokter want die kommunistiese regering het van die begin af alles probeer toesmeer. Ek glo ook die rede vir die virus is die Here se ingryping omdat die die Chinese regering hulle aanval op die Christene verskerp het vanaf die begin van hierdie jaar. Honderde’ kerke’ (meestal ondergrondse huisbyeenkomste) is afgebreek wat verskil van die regering se idologie. Christenskap het toegeneem die laaste paar jare, en dit hou n bedreiging vir die kommunistiese regime in. Daar is kruise afgebreek en regeringsvlae in die plek daarvan opgesit. Een van die gewildste pastore en sy vrou is in hegtenis geneem, en intimidated.

Cherokee ·

Sinvolle en geloofbare kommentaar gelewer deur jinny jualinda.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.