Folau gaan veg vir sy loopbaan

Israel Folau. Foto: (AP Photo/Rick Rycroft)

Die Australiese rugbyster, Israel Folau, het ʼn verhoor versoek om die besluit om sy kontrak te beëindig, te beveg.

Dié Waratahs-agterspeler het verlede week die volgende op sy Instagram-rekening geplaas: “Dronkaards, homoseksuele persone, egbrekers, leuenaars, hoereerders, diewe, ateïste en afgodedienaars – Hel wag vir julle.”

Hy het bygevoeg dat hulle hulself moet bekeer en dat net “Jesus kan red”.

Rugby Australië het in ʼn verklaring bevestig dat hy nou reëlings tref om die gedragskode-verhoor te hou.

“Na die datum van die verhoor bevestig is, sal Rugby Australië en die NSW‑rugbyunie geen verdere kommentaar oor die saak lewer tot die proses afgehandel is nie,” het Raelene Castle, uitvoerende hoof van Rugby Australië, gesê.

Folau het vroeër die week ʼn kennisgewing ontvang waarin hy meegedeel is dat hy ʼn hoëvlak‑oortreding van die beroepspelers se gedragskode begaan het wat sy afdanking regverdig. Hy is 48 uur gegee om die strafbepaling te aanvaar of die verhoor te versoek.

“Na aanleiding van die gebeure van verlede jaar is Israel formeel en herhaaldelik gewaarsku oor die verwagtinge van hom as speler vir die Wallabies en NSW Waratahs met betrekking tot die gebruik van sosiale media en hy het nie die verpligtinge nagekom nie.

Raelene Castle. Foto: (AP Photo/Rick Rycroft)

“Dit is vir hom duidelik gemaak dat enige sosialemediaplasings of ‑kommentaar wat op enige manier oneerbiedig teenoor mense is as gevolg van hul seksualiteit tot dissiplinêre optrede sal lei,” het Castle gesê.

Folau het die naweek sy stilte verbreek en in ’n onderhoud met die Sydney Morning Herald het gesê dat hy in die eerste plek vir die Here leef.

“Maak nie saak wat Hy wil hê ek moet doen nie, ek glo dat sy planne vir my lewe beter is as wat ek ooit vir myself kan dink.

“As dit sy wil is dat ek nie meer speel nie, dan berus ek my daarby. Natuurlik is ek mal oor rugby en ek sal dit beslis mis. Maar my geloof in Jesus Christus is wat eerste kom.”

Die 30-jarige Folau het gesê dat hy geensins van plan is om sy kommentaar terug te trek of daarvoor om verskoning te vra nie.

“Ek sal staan by wat die Bybel sê en ek deel dit met liefde. Ek verstaan hoe ander dit kan interpreteer, sowel as hulle reaksies, maar dit is glad nie hoe ek dit wil deel nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Ben Prinsloo ·

Dankie JC. Hy het meer ruggraat as die meeste van ons en ek sluit myself hierby in. Ek gaan ook nie verder kommentaar hieroor lewer nie

STICKY ·

GAAN SPEEL NET IN ‘N ANDER LAND OU MAAT .. OF VIR ‘N ANDER KLUB .. HULLE GAAN NOG SPYT WEES .. BLY BY JOU BEGINSELS

Israel ·

Hy is ? % reg, hy het die Bybel aangehaal, ek dank God dat daar nog mense is wat nie skaam of bang is om die waarheid te praat nie .Volg sy voorbeeld , Die Woord is die Waarheid en die Waarheid sal ons vry maak

? leser ·

nou word ‘n man wat vir sy sport en vir God leef ook gekruisig omdat hy se wat reg is, dis soos die geval van die ghoemas, die wereld is bang om die “bekendes” se lewe te regverdig
tragies dat ek nie eers mag se dat ek vir God lewe nie
staan vas folau, dankie dat jy vir God lewe

Maarten ·

Wat n getuigenis. Groot voorbeeld vir vele van ons, wat onsself Christen noem. Amen Israël.

Isabel ·

Staan sterk vir ons Verlosser geensins verskoning vra vir jou Godelike geloof Amen

Dries du Toit ·

Hy sal ook nie hier mag speel nie. Die duiwel is hier ook los

Sam ·

Israel is die regte naam vir dit waarvoor jy staan .Die Bybel is baie duidelik omtrent Israel se standpunt (1 Tim 1 vers 1 – 1 1).Daar is baie mense wat nodig het om hierdie vers te lees en ook te kyk wat dit in ander vertalings sê.”Die wat nie vir My is nie is teen My”
SA het ‘n goeie heelagter baie nodig , maar ongelukkig sal ”Politiek” hom nie wil hê nie.

Anoniem ·

Nee rugby is verhewe bo GOD ! maar kyk mooi rugby is met kleinlettertjies geskryf en GOD met HOOFLETTERS (DIT IS RESPEK) Wat Folau gesê het is WAARHEID !!! ??? Folau bly GLO wat Jy in GLO, GOD sal alleen bepaal wat die uitslag sal WEES, sterkte ????? ? Staan sterk in die GELOOF

Louis ·

Ek stem 100% saam met Folau. As ek in die Bybel glo en n vers daarin aanhaal waarin gesê word homoseksuele persone gaan hel toe, hoe kan dit verkeerd wees. Dis my geloof en wat dit sê, as jy dit nie kan hanteer nie is dit jou probleem

Dries du Toit ·

Is daar enige iemand wat met hom kan verskil. Behalwe dalk sekere moeilikheid makers in die NG kerk

HPV ·

Dries die moeilikheidmakers is gelukkig so in die minderheid dat hulle eise irrelevant is. Die meerderheid NG Gemeentes behoort nie eintlik slapelose nagte daaroor hê nie.

Zumie ·

Beste HPV
jy is reg dat die die moeilikheidmakers die minderheid is….maar irrelevant is hulle nie …. hulle hardloop bloot hof toe en skree “menseregte” en dan dwing die hof die meerderheid om by hulle in te pas. Ek dink die gevolge regverdig ‘n paar slapelose nagte

Genieve ·

Kom speel in SA jy sal n groot aanwins wees ja jy staan op God se woord want jy leef vir hom watter bybel lees Australie.

Jan ·

Meeste Australianers glo glad nie in God nie. Ek weet, ek het jare lank daar gewerk

Chris vd Westhuizen ·

Haal my hoed vir hom af. Wat n getuienis sonder vreese

Helena. ·

Mooi en ware getuienis..hy dwing respek af..dankie vir mense soos hy.

Gaitsigubib ·

Hier by ons staan almal op aandag en sing n lied aan “Nkosi”. Wanneer jy ere aan Hom bring maak seker jy ken Sy naam anders roep jy dalk net die verkeerde god in jou lewe in.

Gideon ·

Ek kan ongelukkig nie met Folau en die mense wat hierbo kommentaar lewer saamstem nie. Waar kry hy of enige iemand die reg om ander mense te veroordeel? Van God af? Ek lees die teenoorgestelde in Rom. 2:1 “Met die oordeel wat jy oor ander mense uitspreek, veroordeel jy jouself…” Dis nie Christene se taak om ander te veroordeel nie. Dis sonde. Folau laat my dink aan die Fariseërs in Jesus se tyd wat gedink het dit is hulle werk om te besluit wie gaan hel toe. Jesus daarenteen het liefde en genade verkondig vir selfs die grootste sondaar. Hy het niemand met die hel gedreig nie. En dis wat verwag word van Christene. Nie om te dink jys aangestel om te oordeel nie. PS. In 1 Tim. 1:9 wat n ene Sam hierbo wil gebruik om mense te veroordeel, praat nie van homoseksuele mense nie! Dit praat van sodomiete. Daar is baie groot verskil. En terloops… dit vat geen ruggraat om ander mense te veroordeel nie. Enige een kan dit doen. Dit vat ruggraat om die liefde en genade van die Here Jesus uit te leef teenoor alle mense.

Hendrik van George ·

Stem 100% saam. Lyk my Israel besef nou eweskielik dat sy geloof en ondeurdagte uitsprake hom ‘n klomp geld gaan kos… As hy so onwrikbaar glo in wat hy gesê het, moet hy maar aanvaar wat in sy rigting kom. Australiërs is glad nie lief vir godsdiens dwepers nie.

John ·

Jy moet jou net n bietjie wyer span soos wat Paulus in II Tim 3:16-17 vir ons so kragtelik beveel.
Ek stel voor dat jy weg beweeg vd die 83 vertaling en terug beweeg na die 33 vertaling – jy sal beter begrip kry oor hoe ernstig GOD is oor sonde – kom ons wees nou eerlik met mekaar as daar 2000+ verse uitgehaal word van een vertaling na n ander dan sal jy nooit II Tim 3:16-17 kan uit leef nie, miskien was dit die bedoeling.
Die loon vd sonde is die dood – Rom 6:38 – jy gaan n moeilike tyd he om gemeenskap tussen dieselfde geslagte as NIE sonde te probeer verduidelik!

Gaitsigubib ·

Dit is wel so Gideon. ek het besef dat hy besig was om die persoon te oordeel en nie die sonde nie, maar daarvoor hoef hy sekerlik nie vervolg te word nie? Om jou hele toekoms en loopbaan op die spel te plaas vir jou geloof vat wel ruggraat, want dit is beslis nie die maklike pad wat hierdie man ingeslaan het nie. Of dit nou ‘n wyse idee was en of hy reg of verkeerd was in sy benadering is ‘n ander storie. Hy het wel durf en dit wil jy nie toegee nie. Soos jy se” “jy mag nie oordeel nie”, jy kan dus ook nie namens Jesus sy genade uitdeel aan wie jy wil nie. Gaan lees maar weer Sy Woord en besluit dan self, want aanhalings wil die meeste mense tog nie sien nie.

DS ·

Dis nie jou sonde wat jou hel toe laat gaan nie dis of jy ‘n wedergeborene is aldus nie. Ek haal my hoed vir hom af dat hy so passievol oor sy geloof is maar hy het die verkeerde boodskap uitgestuur. Hy moet eerder gese het verander julle sondige wee en gee jou hart vir die Here of die hel wag vir julle. Nou oordeel hy met sy woorde inplaas van om siele vir Jesus te wen.

Grassie ·

Ek haal my hoed af vir Folau. Dit is duidelik dat sy geloof en beginsels vir hom meer kosbaar is as die geld wat hy gaan verloor.

MJ Kroezen ·

Folau die wereld wil nie die waarheid hoor nie . Ek salueer jou

Yolande Scott ·

Leviticus 19:28 says You shall not make any cuts on your body [in mourning] for the dead, nor make any tattoo marks on yourselves; I am the Lord

DS ·

Onthou net dis nie net homoseksuele wat hy hier aanvat nie dis ook hoereerders /egbrekers, maw mense wat saambly en seks het. En so kan ons aangaan. Feit is dan gaan baie min menae nie hel toe nie. Ek is 100% vir opstaan vir my geloof en my Here – dis egter of jy die boodskap reg verkondig en of jy oordeel. Die een van ons wat sonder sonde is gooi die eerste klip want glo my ek is ‘n wedergebore kind van God wat elke dag my sondes bely en vergifnis vra want ons is sondige mense en nie verhewe bo homoseksuele mense, hoere, diewe ens nie want geen een sonde is groter as die ander nie.

Janneman ·

Rugby Australië se Christenphobiese onderrok wys. As Folau ‘n moslem was wat sulke uitlatings gemaak het sou geen haan daaroor gekraai het nie. Inteendeel, dan sou ‘n laer van beskerming rondom hom getrek word en sy kritici sou afgemaak word as “islamaphobies”.

Chris ·

Ek wonder… Weier die man dan om op Sondae rugby te speel? Die Bybel sê mos dit is sonde…

Kaptein ·

Die Bybel verwys na die Sabbat. Sononder Vrydag tot Sonononder Saterdag. Opinies wissel oor die toepassing daarvan in die Nuwe Verbond.

Therese van Schalkwyk ·

Dit is nie asof Folau met ‘n yslike banier op die veld draf elke naweek spesiaal om mense om te krap nie. Australiese Rugby, die Waratahs en die res van die ontstoke, verontwaardigde opgeruide samelewing moet doelbewus Israel Folau se geloofsoortuiging op sy sosiale media gaan lees om hoegenaamd aanstoot te kan neem.
Steve Hofmeyr se “go figure” is hier van toepassing!

Ons sogenaamde “beskawing” het nou die volle sirkel gekom; van die Middeleeuse brandstapels tot by Izzy wat stilgemaak moet word.
Hoe pateties tragies.

Therese van Schalkwyk ·

Die feit dat Rugby Australië ‘n Nieu-Seelandse burger as uitvoerende hoof aanstel, spreek boekdele oor die sport in die betrokke land.
‘n Buitengewoon begaafde buitelandse afrigter is één ding, maar om darem by die aartsvyand te gaan aanklop vir ‘n Baas van Rugby is ietwat armsalig en verklaar m.i. baie dinge, o.a. die oordrewe inskiklikheid.
Qantas, die hoofborg van die Wallabies, bepaal dus wie draf op die veld by die Wêreldbeker, en wie nie. Maar o wee, solank niemand tog bang gemaak word met die lelike ou duiwel nie.

Sarel ·

Sterkte word jou toegebid. Hoekom moet Christene se monde altyd gesnoer word.

ek sê maar ·

Soos iemand hier bo aanhaal uit Levitikus – Israel het dan ‘n tattoo!! En wat van Paulus wat uitdruklik preek teen egskeiding?! Ek sal jou sê hier is ‘n paar vingerwysers wat hul Bybel baie mooi en baie stadig moet gaan lees!

Therese ·

Folau is ‘n Polinesiese eilander van oorsprong waar tatoeërmerke ‘n gewilde, algemene gebruik is. Ek is egter seker dat hy enige Christen, wat sterk daaroor voel, se reg sal respekteer om sy standpunt te stel.

So, Therese ·

Egskeiding is net so algemeen so is dit in die Bybel teen dit is dit dan maar orrait. Mens kan nie SOMS ‘n Christen wees/Christen uitsprake lewer nie, jy is of ten volle of NIE. En dan mag jy nie meer as soveel tree stgap op ‘n Sondag, ook nie werk of gaan inkopies doen nie. Ai julle mense laat my lag

So, Therese ·

Jammer vir vingerfoute. Moet lees: Egskeiding is net so algemeen (soos die tatoes waarna jy dan verwys) en al is die Bybel teen dit is dit dus maar orraait? Mens kan nie SOMS (wanneer dit JOU pas) ‘n Christen wees/Christen uitsprake maak nie. Jy is OF ten volle Christen of nie. Jy mag dan ook net soveel tree op ‘n Sondag stap, niks anders doen, bv werk of inkopies doen nie. Moenie die Bybel by JULLE sienings laat inpas nie. Sonde is sonde is sonde

Therese van Schalkwyk ·

@Naamloos

Jy sal opmerk dat ek nêrens in my kommentaar na Die Bybel of enige godsdiensvoorskrifte verwys nie. Het dit doelbewus vermy.
Gesels dus gerus met iemand anders daaroor.

Gaitsigubib ·

Goeie instette Therese. Ek sukkel ook om die gedeelte raak te lees waar Israel beweer dat hy geen sonde het nie. Die tattoos is ‘n sigbare bewys dat hy ook net mens is. Ek het ook nie sy sosiale status daaroor gevolg nie – moontlik haat hy die keuses wat hy in die verband gemaak het. O ja, en die sewende dag is n Saterdag. So 250 NC is die 7de dag verander na Sondag om die songod aanbidders te akkommodeer. Vrede aan almal op hiedie komende paasfees!

Sê maar net ·

Die sewende dag (die Sabbat) is nie in 250 nC verander in die eerste dag nie.

Waarom en van wanneer af, vier die Christelike kerk die eerste dag in plaas van die sewende dag as rusdag?
Met die uitroep aan die kruis: “Dit is volbring!” (Johannes 19:30) het die Ou Testamentiese tyd verbygegaan. Met Christus is die Wet aan die kruis gespyker (Kolossense 2:14) en met die Wet ook die Sabatsgebod. Met Christus het die Joodse Sabbat, waarop die Jode die uittog uit Egipte gedenk het, in die graf gedaal. Met Christus het die viering van die eerste dag van die week, uit die graf opgestaan. Daarom word die eerste dag van die week die dag van die opstanding, die dag van die Here (Openbaring 1:10) genoem. Op die opstandingsmôre weerklink vanuit die geopende graf: “Die ou dinge het verbygegaan, kyk dit het alles nuut geword.” (2 Kor. 5:17) Geseënde Paasfees!

Hannes ·

Wel gedaan Folau. Jammer daar is so min mense met jou waagmoed.
Ek is al skoon siek van al die mense wat hul eie slegte gewoontes op ander wil afdwing. Sou hulle hulself die reg voordoen om onnatuurlike goed te doen kan hulle dit gerus vir hulself hou, gladnie nodig om dit skielik wet of die norm te probeer maak nie. Jul weet dit is verkeerd en poog nou om die dade te regverdig.
Twyfel of Folau homself probeer verhewe bo ander denkers. Wat van die miljoene regdenkende mense se menings, moet mens nou maar net al die gemors wat uitbroei stil-stil aanvaar?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.