Foon met prent van ‘The Hulk’ red man se lewe

Die skerm het met die trefslag gekraak. (Foto: Pedro Carvalho/Twitter)

ʼn Brasiliaanse man is verlede week gered nadat sy selfoon, met ʼn omhulsel wat een van Marvel se geliefde superhelde vertoon, ʼn koeël tydens ʼn rooftog laat wegskram het.

Die man se dokter, Pedro Carvalho, het ʼn foto op sosiale media gedeel van die koeël-deurtrekte selfoon, met ʼn omhulsel waarop The Hulk pronk.

Die foto’s wys hoe die selfoon se skerm met die trefslag van die koeël gekraak het.

“ʼn Pasiënt is by ongevalle opgeneem ná ʼn gewapende rooftog waartydens sy selfoon die koeël laat wegskram het!!!” het ʼn verbaasde Carvalho geskryf.

Die slagoffer is Donderdag deur ʼn onbekende aantal verdagtes in Petrolina in die Brasiliaanse deelstaat Pernambuco aangekeer, het New York Post berig.

Die verdagtes het na bewering die man probeer beroof en hom geskiet voordat hulle te voet gevlug het.

Die man is kort ná die voorval na ʼn plaaslike hospitaal geneem, waar dit aan die lig gekom het dat die koeël hom net skrams getref het.

Volgens Carvalho het die koeël net die man se heup geskaaf voordat dit van sy Motorola-slimfoon gebons het.

Afgesien daarvan dat die pasiënt erg ontsteld is ná die voorval, het hy slegs ʼn klein kneusplek. Hy is enkele minute nadat hy by die hospitaal afgelaai is, weer ontslaan.

Nog geen verdagtes is in verband met die rooftog in hegtenis geneem nie en dis onduidelik of owerhede die saak ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eclectus ·

Brasilië, die enigste land wat SA uit die nommer een posisie hou vir alles wat verkeerd is.

pompies ·

Ek dink hulle probeer hard om ons verby te gaan maar dit is nie so maklik nie.

annie ·

Watter twak en ondankbaarheid. Bygelowe regeer in Suid-Amerika. Plaas dat die man dankie sê aan die Regte Persoon en die dokters beter weet, is sulke stories nou groot. Hy moet oppas die volgende keer is hy dalk nie meer in Goeie Hande nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.