‘Forbes’: 2017 se hoogs betaalde aktrises

Emma Stone (Foto: Facebook)

Forbes, die Amerikaanse saketydskrif, het pas sy lys van die wêreld se hoogs betaalde aktrises bekend gemaak.

Emma Stone (28) pronk vanjaar bo-aan die lys met die $26 miljoen (sowat R342 miljoen) wat sy verdien het tussen 1 Junie 2016 en 1 Junie 2017. Dit is haar hoogste jaarlikse inkomste nóg.

Stone se no. 1-posisie is grotendeels te danke aan die rolprent La La Land waarvoor sy ʼn Oscar gewen het as beste aktrise vir haar vertolking van Mia. La La Land het sowat $445,3 miljoen (sowat R5.9 miljard) wêreldwyd by die loket verdien.

Jennifer Aniston is tweede op die lys met die sowat $25,5 miljoen (sowat R335 miljoen) wat sy verdien het. Aniston se inkomste is grotendeels te danke aan borgskappe van onder meer Emirates, Smartwater en Aveeo.

Jennifer Lawrence van Hunger Games-faam is derde op die lys. Sy was verlede jaar eerste op die lys en het twee plekke afgeskuif nadat sy sowat $24 miljoen (sowat R315.6 miljoen) in die tydperk onder oorsig verdien het.

Melissa McCarthy is vierde op die lys met $18 miljoen (sowat R236.7 miljoen) en Mila Kunis is in die vyfde plek met $15,5 miljoen (sowat R209.3 miljoen).

Die tien hoogs betaalde aktrises het gesamentlik $172,5 miljoen (sowat R2.3 miljard) verdien tussen 1 Junie 2016 en 1 Junie 2017. Meer as 60% van die hoogs betaalde aktrises is ouer as 40.

Die res van die lys lyk so:

  1. Emma Watson en Charlize Theron (albei $14 miljoen (sowat R184 miljoen))
  2. Julia Roberts en Cate Blanchett (albei $12 miljoen (sowat R162 miljoen))
  3. Amy Adams ($11,5 miljoen (sowat R155 miljoen))

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

KARINA ·

Ek wil net iets uitlig of dalk verstaan ek verkeerd, maar jul se Emma Stone verdie $26 Miljoen (R342 miljoen) en dan Jennifer Aniston is 2de met $25,5 Miljoen (R344 Miljoen).
Dalk n tikfout? Want dan moet Jennifer mos eerste wees :)

Dalene de Vente ·

Dagsê Karina

Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.