‘Forbes’: 2017 se hoogs betaalde vrouekunstenaars

Beyonce. Foto: Evan Agostini/Invision/AP, File

Forbes het Dinsdag sy lys van die wêreld se hoogs betaalde vrouekunstenaars bekendgemaak.

Die lys is saamgestel deur na vrouekunstenaars se inkomste voor belasting in die tydperk 1 Junie 2016 tot 1 Junie 2017 te kyk.

Beyoncé pronk vanjaar bo-aan die lys met $105 miljoen. Dit is te danke aan haar album Lemonade en die Formation-wêreldtoer wat kort daarna gevolg het. Beyoncé en haar man, Jay-Z, het vroeër vanjaar ʼn tweeling in die wêreld verwelkom.

Adele, wat vroeër vanjaar die Grammy vir album van die jaar gewen het, moes met die tweede plek tevrede wees met die $69 miljoen wat sy verdien het.

Taylor Swift. Foto: Richard Shotwell/Invision/AP, File

Taylor Swift is in die derde plek met die $44 miljoen wat sy verdien het. Sy het onlangs haar nuwe album, Reputation, bekendgestel wat reeds die top-verkoper album van 2017 is.

Celine Dion is in die vierde plek met die $42 miljoen wat sy verdien het. Jennifer Lopez is in die vyfde plek met $38 miljoen.

Die 71-jarige Dolly Parton is in die sesde plek met die $37 miljoen wat sy verdien het. Barbra Streisand (75) is in die tiende plek met $30 miljoen.

Die res van die lys lyk so:

  1. Rihanna – ($36 miljoen)
  2. Britney Spears ($34 miljoen)
  3. Katy Perry ($33 miljoen)

Dolly Parton. Foto: Jordan Strauss/Invision/AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.