Forbes se lys van rykstes bekend

Bill Gates. (Foto: Kamil Zihnioglu/AP via wire.africannewsagency.com)

Bill Gates. (Foto: Kamil Zihnioglu/AP via wire.africannewsagency.com)

Forbes het onlangs weer sy ranglys van die wêreld se rykste mense bekend gemaak.

Die tydskrif stel die ranglys jaarliks op. Vanjaar is ʼn rekordgetal van 2 043 miljardêrs op die lys. “Aandelemarkte, hoër kommoditeitspryse en outydse entrepreneurskap het gehelp om vanjaar ʼn rekordjaar te maak vir welvaartsontwikkeling regoor die wêreld,” het Luisa Kroll en Kerry Dolan, assistentredakteurs by Forbes Media, gesê.

Bill Gates (61) is vir die vierde agtereenvolgende jaar die rykste mens ter wêreld. Gates, medestigter van Microsoft, is al vir die laaste 23 jaar op hierdie lys, waarvan hy 18 jaar bo aan die lys gepryk het. Hy het ʼn persoonlike fortuin van $86 miljard.

Die res van die top vyf lyk so:

  1. Warren Buffett (86)

Die uitvoerende hoof van Berkshire het ʼn persoonlike fortuin van $75,6 miljard.

  1. Jeff Bezos (53)

Hy is vir die eerste keer in die nommer drie posisie met ʼn persoonlike fortuin van $72,8 miljard. Bezos is die uitvoerende hoof van Amazon.com.

  1. Amancio Ortega (80)

Dié Spaanse klerehandelaar is in die vierde plek met ʼn persoonlike fortuin van $71,3 miljard.

  1. Mark Zuckerberg (32)

Die uitvoerende hoof van Facebook het ʼn persoonlike fortuin van $56 miljard.

Die rykste Suid-Afrikaner is die mynbaas Nicky Oppenheimer (71) met ʼn persoonlike fortuin van $7 miljard. Hy is 199ste op die ranglys. Johann Rupert (66) is op nommer 237, met ʼn persoonlike fortuin van $6,1 miljard. Christo Wiese (75) is op nommer 269, met ʼn persoonlike fortuin van $5,6 miljard. Koos Bekker, Allan Gray, Patrice Motsepe, Stephen Saad en Jannie Mouton het ook die lys gehaal.

President Donald Trump (70) is 544ste op die lys, met ʼn persoonlike fortuin van $3,5 miljard. Altesaam 227 vroue het die lys gehaal.

Kyk hier vir die volledig lys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Janie Monsieur ·

Dagsê Jaco,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig en dankie dat jy ons daarop gewys het! Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Janie Monsieur ·

Dagsê Jaco,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, die fout het tydens die redigeringsproses ingeglip. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

AL ·

Nou gaan ons oor die kole gehaal word dat net 1 SA swart man die lys gehaal het. Eish, kolonialisme en wit monopolie kapitaal!

zoom zoom ·

Sekerlik moet die Zumas en Guptas bo aan die lys wees vas SA vir mense wat geld gekry het sonder om te werk daarvoor. Daar moet ook gekyk word na die ministers van die regerende party. As hulle al hulle korrupsoe gelde verklaar dan is daar meer donker rykes as ligte rykes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.