Fossiel van geveerde dinosourus ontdek

Die fossiel in die ambersteen. Foto: Current Biology

Die fossiel in die ambersteen. Foto: Current Biology

Wetenskaplikes het Vrydag in Beijing aangekondig ʼn gedeelte van die stert van ʼn dinosourus, kompleet met bene en vere, is in ʼn ambersteen ontdek.

Navorsers glo die stert behoort aan ʼn klein dinosourus met geveerde vlerke, wat in die noorde van China gewoon het. ʼn Navorsingstudie oor die ontdekking deur onder meer die Chinese paleontoloog, Xing Lida en die Kanadese wetenskaplike, Ryan C. McKellar, is in die wetenskaplike joernaal, Current Biology, gepubliseer.

Die stert is 6cm lank en was vermoedelik deel van ʼn dinosourus wat ongeveer 18.5cm lank was. Die stert het bruin vere aan die voorkant en wit vere aan die agterkant. Volgens Xing is die stert baie na aan hoe die ware Jakob sou gelyk het toe die dinosourus nog gelewe het. Die geveerde stert sal wetenskaplikes help om die evolusie van vere beter te verstaan, het McKellar gesê.

Die ambersteen is in die Hukawng-vallei in die noorde van Myanmar ontdek. Die dinosourusstert, wat ‘Eva’ gedoop is, het minstens nege stertwerwels, maar is nie van ʼn voël nie, het Xing gesê.

Hoewel die monster perfek behoue gebly het, kan die navorsingspan nie DNS daaruit bekom nie omdat die fossiel te oud is vir DNS om nog bruikbaar te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Verıtas ·

Ons sal dıe ou spreekwoord moet verander: ‘Dıe vere maak nıé dıe voël nıe’.

Skepties... ·

Ooooh… so nou het dinosourusse al vere ook gehad…

Olga ·

Skepties
Ek weet nie so mooi nie, ek het nog nooit gelees van enige vere nie, behalwe die berig!

Victor ·

Siende dat voëls die moderne weergawe is van dino’s maak dit 100% sin

Fielies ·

Hehe, ek wou self sê oor ñ paar jaar sal die storie uitkom dar dit maar net ñ doodgewone hoender was.

Skepties... ·

Hahaha!! Dis dalk wat hulle gekry het ja en nou is dit sommer `n dinosourus!

John ·

Ja, die ambersteen is danksy die storie nou baie meer werd…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.