Foto: Charles, Camilla deel eerste Kerskaartjie as koningspaar

Koning Charles en Camilla se Kerskaartjie pryk voor ‘n Kersboom in Clarence House, Londen. (Foto: Jonathan Brady/PA Wire)

Koning Charles III en sy vrou, Camilla, het vanjaar ʼn foto wat slegs enkele dae voor die afsterwe van Charles se ma, koningin Elizabeth II, geneem is, vir hul amptelike Kerskaartjie gekies.

Die gekose foto vir die egpaar se eerste Kerskaartjie sedert Charles die leisels as Britse koning oorgeneem het, is op 3 September by die Braemar Royal Highland-byeenkoms in Skotland geneem.

Die koningin het egter nie dié geleentheid bygewoon nie weens haar gesondheid wat toe reeds besig was om agteruit te gaan. Die koningin is vyf dae later, op 8 September, in die ouderdom van 96 dood.

Charles, wat toe nog die prins van Wallis was, en ʼn glimlaggende Camilla is deur die fotograaf Samir Hussein afgeneem.

Die foto, wat vroeër vandeesweek deur Buckingham-paleis uitgereik is, vang die profiel van koning Charles vas. Hy is geklee in ʼn tweedpak met ʼn rooi‑groen‑beige das.

Camilla, die koningin-gemalin, is stralend in ʼn groen tweestuk met ʼn bypassende hoed met ʼn fisantmotief en pêreloorkrabbers.

Die Kerskaartjie is met rooi afwerking gebosseleer en lui eenvoudig: “Wishing you a very Happy Christmas and New Year”.

Charles en Camilla word na verwagting op 6 Mei volgende jaar amptelik as Britse koningspaar gekroon.

Bykomende bronne: BBC, Harper’s Bazaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JohanR ·

Wonder of Harry en Meghan een sal ontvang? Die een wat Cyril Ramaphosa sal ontvang sal se Happy Christmas 2022. Hope you don’ spend Xmas 2023 in jail!

RS ·

Kon hul regtig nie n beter foto kry nie?

Maar ek reken dit maak ook seker nie saak nie.

Nommer 7 ·

Ek hou van die ystervarkpen in haar hoed. Seker ‘n geskenk van Cyril.

Rocco ·

Hoe Charles vir Prinses Diana hanteer het, het ek geen ooghare vir hom nie. Swakkeling. Gelukkig sal Prins William en prinses Kate weer waardigheid in die Koningshuis herstel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.