ʼn Kankerpasiënt het die geleentheid gehad om van haar perd afskeid te neem net voordat sy gesterf het.
Personeellede by die Royal Albert Edward-hospitaal in Lancashire in Engeland, het gereël dat Sheila Marsh (77) se laaste wens vervul word, berig BBC News Manchester.
Hulle het vroeër die maand gereël dat twee van haar perde haar buite die hospitaal kom groet.
‘n Foto van die afskeid het opslae gemaak op sosiale media en die oorspronklike plasing van die foto is meer as 275 000 keer op Facebook gedeel en meer as 810 000 mense het aangedui dat hulle van die foto hou.
Weens die kanker kon Sheila nie meer behoorlik praat nie, maar sy het haar gunstelingperd, Bronwen, nader geroep en die perd het haar teer aan haar wang geraak.
Sheila is vroeg die volgende oggend oorlede.
Dié ouma van Wigan het ses perde, drie honde, drie katte en nog diere gehad.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Rus in vrede tannie. Daar is niks beter in die lewe as die onvoorwaardelike liefde van diere nie.
Rus in vrede tannie. Daar is niks beter in die lewe as die onvoorwaardelike liefde van diere nie.
Sjoe, hoe hartseer is dit! :(
Aaaaahhh, rus in vrede tannie, Bronwen en tannie gaan weer eendag bymekaar wees xx.
Hartseer…maar ook pragtig…Die diere kry ook swaar as die mens afsterf, hulle vrek gewoonlik.