Foto: Sterwende vrou wou haar perd groet

Sheila Marsh en haar perd, Bronwen, geniet 'n paar laaste oomblikke saam Foto: BBC

Sheila Marsh en haar perd, Bronwen, geniet ‘n paar laaste oomblikke saam Foto: BBC

ʼn Kankerpasiënt het die geleentheid gehad om van haar perd afskeid te neem net voordat sy gesterf het.

Personeellede by die Royal Albert Edward-hospitaal in Lancashire in Engeland, het gereël dat Sheila Marsh (77) se laaste wens vervul word, berig BBC News Manchester.

Hulle het vroeër die maand gereël dat twee van haar perde haar buite die hospitaal kom groet.

‘n Foto van die afskeid het opslae gemaak op sosiale media en die oorspronklike plasing van die foto is meer as 275 000 keer op Facebook gedeel en meer as 810 000 mense het aangedui dat hulle van die foto hou.

Weens die kanker kon Sheila nie meer behoorlik praat nie, maar sy het haar gunstelingperd, Bronwen, nader geroep en die perd het haar teer aan haar wang geraak.

Sheila is vroeg die volgende oggend oorlede.

Dié ouma van Wigan het ses perde, drie honde, drie katte en nog diere gehad.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sylvia ·

Rus in vrede tannie. Daar is niks beter in die lewe as die onvoorwaardelike liefde van diere nie.

Sylvia ·

Rus in vrede tannie. Daar is niks beter in die lewe as die onvoorwaardelike liefde van diere nie.

Anita ·

Aaaaahhh, rus in vrede tannie, Bronwen en tannie gaan weer eendag bymekaar wees xx.

Peter Says ·

Hartseer…maar ook pragtig…Die diere kry ook swaar as die mens afsterf, hulle vrek gewoonlik.

Anoniem ·

Mag die onvoorwaardelike liefde van diere vir die mens ‘n les wees.
Rus in vrede en wees gerus dat God voorsien.

natalie ·

ek sou nie kon ophou huil het as ek het in die regte lewe aanshou het nie. Dit is baie hartseer!!

Elizabeth ·

Natalie – maar ‘n mooi hartseer – dink die vrede en blydskap in haar gemoed die laaste ure. Ek is SO bly as ek sien daar is mense wat so moeite doen, wat het dit nou gekos om iemand vir oulaas so bly te maak? Kan mens so iets in elk geval in geldelike waarde omsit? Ek dink nie so, maar dis ‘n wonderlike storie en ek moet oor maaar hard sluk aan die knop in my eie keel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.