Foto van huilende oupa en sterwende kleinkind ruk harte

braylynn lawhon

Braylynn Lawhon se oupa huil hartverskeurend langs haar hospitaalbed. (Foto: Facebook/DIPG Support and Awareness)

ʼn Foto van ʼn oupa van Florida in die VSA, wat hartverskeurend huil langs sy kleindogter se hospitaalbed, doen wêreldwyd die ronde op sosiale media.

Volgens The Telegraph het klein Braylynn Lawhon ʼn onopereerbare kankergewas op die brein. Haar ma, Ally Parker, het die hartroerende foto op sosiale media gedeel.

Die vyfjarige Lawhon, wat afgeneem is terwyl sy bedlêend en aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel is, is gediagnoseer met ʼn seldsame en dodelike tipe breinkanker. Dit is uiters bestand teen chemoterapie. Daar is tans geen doeltreffende behandeling vir dié kanker nie en kenners meen daar is geen kans op oorlewing nie.

Lawhon se ontroosbare oupa, wat langs haar bed te sien is in die foto, is onlangs met motorneuronsiekte (MNS) gediagnoseer. Dit is ʼn rare toestand wat voortdurend dele van die senuweestelsel in die liggaam afbreek.

“Dit is die twee sterkste mense dié wat ek nog ooit geken het,” het Parker in ʼn emosionele Facebook-inskrywing gesê.

“Ons het almal gedink hulle sou die res van ons oorleef. Ons het beslis nooit gedink dat my kosbare klein Braylynn die eerste sal wees om te gaan nie,” het sy geskryf.

Parker het bygevoeg dat sy nie eens kan begin om te verduidelik hoe moeilik die jaar reeds vir hulle was nie. “Oor ʼn paar dae sal ek my pragtige klein dogtertjie moet begrawe. Maande, dalk selfs weke, later, sal ek my pa moet begrawe. Albei my helde weg, binne ʼn jaar,” het sy geskryf.

“Hoe kon dít met ons gebeur het? Wat het enige van ons gedoen om dit te verdien? Hoekom moet hulle ons verlaat? Wat is ons veronderstel om te doen? Ek weier om te glo dat daar ʼn rede hiervoor is. Die wêreld is ʼn aaklige plek.”

Ondanks dié wanhopige uitkyk, het die familie gesê daar is ʼn “flikkering van hoop” en dat hulle tans eksperimentele behandelings ondersoek. Dié behandelings is in Mexiko en Noord-Carolina en word nie deur mediese fondse gedek nie.

braylynn lawhon2

Die vyfjarige Braylynn Lawhon het ‘n onopereerbare kankergewas op die brein. (Foto: Facebook/DIPG Support and Awareness)

Parker se suster, Shawnon Peterson, het ʼn aanlyn geldinsameling van stapel gestuur om te betaal vir die behandeling. Die koste per ronde beloop $30 000 (ongeveer R373 000). Volgens haar is Lawhon ʼn “gelukkige en slim” jong meisie.

“My suster is nie gereed om haar dogter prys te gee nie en hulle is albei vegters,” het Peterson gesê. “Daar is vir ons gesê die kanker is onopereerbaar, dat chemoterapie dit nie beïnvloed nie en al wat hulle kan doen, is om bestraling te gebruik om die groei van die gewas te stuit.

“Dit mag dalk ook net vir omtrent twee maande help, waarna dit ook sal ophou werk. Braylynn het minder as 10%-kans op oorlewing.”

“Daar is vir ons gesê sy mag dalk nog ʼn jaar leef. Soos jy kan dink, is dit uiters hartverskeurend vir ons familie. Sy het nog nie kans gehad om haar lewe te leef nie en ons vra vir hulp om haar die beste kans te kan gee.”

Tot dusver is meer as $22 000 (sowat R270 000) ingesamel om die eksperimentele behandeling te finansier.

“Die moontlikheid van haar dood is steeds baie waarskynlik,” het Parker in haar jongste inskrywing gesê. Sy het bygevoeg haar dogter “inspireer mense oor die hele wêreld”.

Dr. Michael Mosier van die Defeat DIPG-stigting het gesê die gewas kan nie sjirurgies verwyder word nie omdat dit moontlik breinskade kan veroorsaak of selfs noodlottig kan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

johan II ·

Dit is baie hartseer… Ek moet sê dat ek nie veel van medisie dink nie, daar word mijoene aan kanker navorsing spandeer net om elke nou en dan vals hoop van n nuwe “wonder middel” te kry.. Kom nou mense gebruik jul grys stof en pluis dit uit. Of maak jul te lekker geld uit huidige behandeling?

Ben Niemand ·

Johan II. Die laaste sin in jou kommentaar, glo ek, is ongelukkig die waarheid…

Regtig ·

johan II, regtig? En wat van die miljoene mense wat nou kanker oorleef? En die miljoene kinders wat gered is deur inentings wat slegs 50 jaar terug sou gesterf het. Ja, daar is nog baie werk en navorsing nodig, maar die mediese gemeenskap kan slegs soveel doen en ons mediese dienste is die beste in die mense se geskiedenis. Dis baie hartseer dat hierdie dogtertjie dalk mag sterf, maar daar is geen manier wat die mediese gemeenskap almal kan red nie. Op die ou einde gaan almal sterf en net God kan besluit wanneer en hoe iemand sal sterf.

Erika ·

Navorsers en pharmaceutical verspreiders ( sorry vir engelse woord) maak baie geld uit huidige behandeling en medikasie. My seun het brein en nier kanker gehad … is nou in remissie. Geen bestraling, chemo of medikasie gebruik nie. Slegs natuurlike produkte en kruie om imuunstelsel op te bou. Geen hoop van drs. Tyd gehad tot Jan 2017. N jaar later en dit gaan goed met hom

Lientjie ·

Dr’s kan ook net soveel doen. Dit gaan nie altyd oor geld nie. Ek dink dit is absoluut walglik om so iets op facebook te plaas. Hulle het niks gedoen om dit te verdien nie, dit is die Here se wil.

OEPS ·

Die lewe is so onregverdig. Die kind is so onskuldig en klein, haar lewe het nog nie eers negin nie en haar mamma moet haar groet. My hart gaan Uit na julle toe. En dan nog jou pa ook. Baie sterkte aan almal. ek het ook ‘n klein dogtertjie en ek sal nie dit oorleef nie ek haal my hoed af vir die mamma.

Lientjie ·

Ek sien my kommentare word nie meer geplaas nie. Enige probleem met dit wat ek NIE verkeerd gese het nie??????????? Of het ek nie meer nodig om julle te ondersteun nie??

Toemaar Lientjie ·

Toemaar Lientjie dit lyk vir my as jy nie met die hoofstroom saamstem nie, jou goed nie geplaas word nie, of as jy durf waag ‘n standpunt inneem TEEN iets waaroor jy sterk voel .. moenie alleen voel nie.

Duifie ·

Jesaja 25:8 – “Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here HERE sal die trane van alle aangesigte afvee…” As ek reg tel, het ons in die laaste vyftien jaar dertien familie-geliefdes verloor, plus minstens drie dierbare vriende. Dood is onbeskryflik aaklig…die aakligste ding wat op die ganse aarde onder die son bestaan, as ek moet sê. Ergste is, of ons dit wil weet of nie, dood in sy volle aakligheid wag vir een en elkeen van ons, vroeër of later. Daardie afspraak kan ons nié vermy nie. En dis oral rondom ons in SA! Tog, Iemand het daardie aakligste afskuwelikheid oorwin, die Een wat bereid was om dood te gaan juis sodat Hy die opperoorsaak daarvan, nl. sonde, se mag kon breek. Ja, ons sal almal eendag sterf, maar as ons Jesus Christus in die geloof omhels, sal ons lewe na ons dood. By God… Dit is my troos oor meeste van ons dierbares wat weg en begrawe is. Hulle lewe by God. Sy Woord sê so.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.