Foto van swanger Oekraïense vrou internasionaal bekroon

Evgeniy Maloletka het verlede jaar die foto in Marioepol geneem. (Foto: Ramon van Flymen/ANP MAG/AFP)

ʼn Treffende foto van ʼn swanger vrou, ʼn slagoffer van die Russiese inval van Oekraïne, het Donderdag die Wêreld-persfoto van die Jaar-toekenning gewen.

Die foto is deur die Oekraïense fotojoernalis Evgeniy Maloletka van die Associated Press-nuusagentskap geneem.

Die foto wys hoe reddingswerkers Irina Kalinina (32) uit die puin van ʼn verwoeste hospitaal in die hawestad Marioepol dra.

Haar baba, Miron, wat vernoem is na die woord vrede, is doodgebore nadat die stad in Maart verlede jaar gebombardeer is. Irina, wat haar maag vashou terwyl sy weggedra word, het ʼn halfuur ná die foto geneem is, gesterf.

“Die paneel het gevoel dat hierdie foto die absurditeit en afgryse van oorlog vasvang,” het die paneel gesê terwyl die foto by ʼn seremonie in Amsterdam aangewys is die Wêreld-persfoto van die jaar.

“Dit is ʼn akkurate voorstelling van die jaar se gebeure en bewyse van die oorlogsmisdade wat deur Russiese magte teen Oekraïense burgerlikes gepleeg is.”

Maloletka en sy kollega, Mstyslav Chernov, het byna drie weke in Marioepol deurgebring en die gruwels van die oorlog gedokumenteer.

“Vir my is hierdie foto een wat ek wil vergeet, maar ek kan nie,” het Maloletka in ʼn video gesê.

“Ek hoop dat al die werk wat ons gedoen het, op een of ander manier mense sal help om te verstaan. Miskien sal dit gebruik word in ʼn saak oor Rusland se oorlogsmisdade.”

(Foto: Ramon van Flymen/ANP MAG/AFP)

Die Deense fotograaf Mads Nissen het die Berig van die Jaar-toekenning ontvang vir nege foto’s van mense se lewens onder die Taliban-regering. Die versameling foto’s staan bekend as “The Prince of Peace in Afghanistan” en is vir Politiken en Panos Pictures geneem.

Nissen het in 2021 die Wêreld-persfoto van die jaar gewen vir ʼn foto van ʼn omhelsing tydens die Covid-19-pandemie.

Die Armeense fotograaf Anush Babajanyan het die langtermyn-projektoekenning vir “Battered Waters” gewen. Dit is ʼn versameling foto’s oor watertekorte in Sentraal-Asië en is vir VII Photo en die National Geographic Society geneem.

Die Egiptiese fotograaf Mohamed Mahdy het die oopformaat-toekenning gewen vir sy foto’s van ʼn vissersdorpie wat verdwyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Cherokee ·

Met afgryse lees ek kommentare van (glo dit as julle wil) lokale ‘kommentators’ wat die Russiese oorlogsmisdade goedpraat. Na-praters wat agter ander aan praat en Putin bewonder.

Dirk ·

Presies, want hierdie selfde Suid Afrikaaners wat Putin ondersteun raak kwaad vir die ANC. Maar albei gebruik dieselfde manier om hul mense se lewens te verwoes. Putin is nie daar om Oekraïne en die mense te red nie. Putin moet gestraf word vir al hierdie pyn wat hy veroorsaak het.

Gaitsigubib ·

Weet jy waaroor gaan die oorlog in Oekraine? Weet jy wat was Putin se ultimatums? Weet jy hoeveel maal het Putin gevra vir onderhandelinge maar hoewel die Oekraine wil onderhandel word dit deur die weste verbied? Hierdie arme mense is uitgelewer aan die wat nog altyd hul brood verdien d.m.v oorlogvoering en ‘n agterbakse agenda. Hulle gaan eendag nog kry waarvoor hulle vra.

Dirk ·

Ag asb, jy is net so blind soos die mense wat aanhou stem vir die ANC. Putin het geen reg gehad om vir Oekraine aan te val nie. Putin voel niks vir daardie mense en kamstige ultimatums wat hy gestel het. Dit gaan alles net oor mag en geld, niks meer nie. Intussen word honderde onskuldige mense in Oekraine doodgemaak net omdat ou Putin kamstig bedreig voel. Meeste van die soldate aan Rusland se kant stem nie saam met hierdie oorlog nie. Die wat weg is die wat siek in die kop is en dit geniet.

Faan ·

Kyk na ander nuus as dit wat die CNN en trawante opdis, dan sal jy sien daar is ‘n ander kant ook. Gaan kyk na die Indiese nuuskanale…ten minste is hulle neutraal.

Republikein in die Wes Kaap ·

Verkeerd, Poetin se gewildheid neem toe. En sy.troepe meld aan vir diens, in groot getalle.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ag kom nou. Madeleine Albright het erken dat meer as 500 000 kinders in Irak gesterf het na Amerikaanse aanvalle. Bush is nêrens verhoor nie. Oor Vietnam hoef ons nie eers te praat nie. Wat van afgryslike aanvalle deur Oekraïne op Russies sprekers in die Donbas. Meer as 14 000 is vermoor.

TruthDealer ·

Ja ek is seker daar is sommige foto’s van daardie vermoorde verminkte Russe, maar Dit sal nie gewys word nie. Dit pas nie by die huidige Westerse agenda nie. Alhoewel ek natuurlik jammer voel vir die oorlede vrou en baba, moet ek vra, wat maak hulle hartseer dood meer spesiaal as die van die vermoorde Russe in Donbass?

TruthDealer ·

Nee Cherokee dit gaan nie oor pappegaai napraat nie. In my geval gaan dit oor feite en wie nou eintlik hierdie konflik begin het. THE MINSK AGREEMENT. Dis nie Rusland wat dit verbreek het nie. Wat van al die vermoorde Russe in Donbass? Mnr. Putin was eintlik geduldig, meer as wat ek sou wees. Ek het n Oekraïnse vriendin uit Kharkiv, sy self het nog nooit een slegte woord gesê oor Mnr. Putin nie. Regverdigheid is my belangrik. Een hartseer sensasionele foto verander nie die feite nie.

Nettie ·

Cherokee ek stem saam. Mens kan beide die Weste EN die Ooste se misdade veroordeel. Maar mense hier klim onmiddellik op hul perdjies.

Daardie swanger mamma het niks verkeerd gedoen nie. Haar babatjie het niks verkeerd gedoen nie. My hart pyn vir haar familie se hartseer. En as iemand in my keelgat wil afspring oor hoe sleg die Weste is en hoe geduldig Poetin was en hoeveel Russe gesterf het in Donbass, moenie jou tyd mors nie. Daardie vrou en baba is DOOD. Ek MAG hartseer wees daaroor.

Faan ·

Dit wil voorkom asof die reddings werkers bygedra het tot haar dood…….hulle is dik vir die koue aangetrek terwyl sy nie eers ‘n ou kombersie het wat die koue kan uithou nie. Serlfs haar magie steek dan uit!!!
Ek ruik ‘n rot…….

Roebs ·

Ons mensdom is besig om agteruit te gaan soos ons wereld. En dit is net ons mense se skuld. Ek laat my kop in skaamte sak net om te weet ons is hiedie wereld gegun met alles daarin en ons vernietig alles.

Gaitsigubib ·

Dis werklik jammer dat die VSA na WW2 die rol by Engeland oorgeneem om die res van die wereld te terroriseer. Eers borg hulle vir Fidal Castro in die Kubaanse Rewolusie van die 50’s net om later amper in WW3 te eindig teen hom. Dan borg hulle vir Saddam Hussein om oorlog te voer teen Iran en eindig 30 jaar later in n oorlog teen hom. Hulle verskaf wapens aan Afganistan in die 70’s en 80’s sodat Afganistan teen Rusland kan oorlog maak net om later deur die einste land verjaag te word met wapens wat hulle self aan die Taliban verskaf het! Asof die die koue oorlog nie die wereld naby genoeg aan die afgrond geneem het nie, hou hulle aan om Putin te karring om te sien of hoe hy gaan reageer. Dis logies dat Putin nie die westerse “war lords” op sy gren wou he nie, dit sou tog net n herhaling van die “Cuban Missile Crisis” wees. As daar nie iemand met n nugter verstand beheer neem van die VSA nie gaan hierdie situasie nog baie sleg eindig.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien Poetin soos ‘n skoothondjie oorgegee het was Rusland nou NAVO gebied, so reg langs China. Amerika sou sy kern bomme in Siberië ontplooi het. China sou reageer en Rusland sou nou erger as Oekraïne gelyk het. En in die Ovaalkantoor sou Biden sy steun vir Poetin gegee het totdat die laaste man geval het. En hier in SA sou ons Poetin geloof het vir sy moed.

andre ·

Plaas asb fotos van die Ukrainie se aanvalle op Russies sprekende inwoners sedert 2014 in die Donbass area.Dit is soos plaasmoorde op Afrikaanse boere in SA .Ons kan nie eensydige propaganda oordeel nie

Marthinus W ·

Die bewyse is daar vir die dapperes, dat Oekrainse soldate in skole, kleuterskole, hospitale, verskans was, sodat, indien die Russe hulle aanval, hulle kan kla die Russe pleeg oorlogsmisdade. Dis n 2WO tegniek genaamd “festung”.

Faan ·

Hmmmmm…interessante foto. Volgens die vyf noodwerkers op die foto is dit BAIE koud in die betrokke stad…kyk na hul kleredrag. Volgens die pasient se kleredrag is dit GLAD NIE koud nie. Defnitief nie die manier om ‘n pasient te behandel nie….
Is hier dalk iets aan die gang?? Iets soos ‘n geposeerde foto??????

Republikein in die Wes Kaap ·

Baie vreemd. Die mans offer nie eers ‘n jas nie. Óf die dame is taai soos ‘n ratel. Maar hoekom nou ‘n mooi storie met feite bederf?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.