Foto: ‘Wêreld se lelikste hond’

Quasi Modo. Foto: AP Photo/Noah Berger

Quasi Modo. Foto: AP Photo/Noah Berger

ʼn Tienjarige hond genaamd Quasi Modo, weens sy boggelrug, is as die wêreld se lelikste hond aangewys.

Quasi Modo is ʼn kruising tussen ʼn Amerikaanse veghond en ʼn Nederlandse herdershond. Hy is met spinale geboortedefekte gebore. Quasi Modo en sy eienaar het Vrydagaand met prysgeld van $1 500 weggestap in die kompetisie wat volgens die organiseerders “onvolmaaktheid loof”.

Quasi Modo het stof in die oë geskop van 25 ander honde om met die titel weg te stap. Hy is as klein hondjie verwerp en na ʼn diereskuiling geneem waar ʼn veearts van Florida hom later aangeneem het.

Dit was die 27ste keer dat die kompetisie in Kalifornië gehou is. Die honde word beoordeel deur ʼn paneel van drie mense. Daar is verskeie kategorieë waaronder spesiale of buitengewone eienskappe, persoonlikheid en “natuurlike lelikheid”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Kan net dink as ons dit uitbrei na mense, byv. die lelikste politikus ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.