Foto’s: 12 dood, honderde beseer ná tornado’s in China

‘n Tornado het verwoesting gesaai op ‘n bouperseel in Wuhan. (Foto: STR / AFP)

Twee tornado’s het Vrydagaand die sentrale en oostelike dele van China getref. Gevolglik is 12 mense dood en meer as 400 beseer.

Volgens owerhede het hewige stormwinde van meer as 260 km/h die stad Wuhan getref, waar agt mense hul lewe verloor het en meer as 280 beseer is. Omtrent 30 wonings het inmekaar gestort. Voertuie is deur vallende voorwerpe platgedruk, bome ontwortel en geboue gedeeltelik verwoes. Elektrisiteitsdrade is boonop beskadig, wat meer as 26 000 wonings sonder krag gelaat het.

‘n Beskadigde gebou en voertuie in Hubei, Wuhan, nadat ‘n tornado dié gebied Vrydag getref het. (Foto: STR / AFP)

Twee hysers wat vir bouwerk gebruik is, is ook in die proses beskadig. Een het omgeval en op die bouperseel beland, wat aansienlike skade aangerig het.

In Suzhou, naby Shanghai, het nóg ʼn tornado met windsnelhede van meer as 200 km/h chaos veroorsaak. Volgens plaaslike owerhede is vier mense hier dood en een word steeds vermis. Foto’s wat op sosiale media gedeel is, wys ʼn swart warrelwind wat ʼn spoor van vernietiging agterlaat.

Altesaam 11 mense is onlangs ook dood in ʼn ander dorp naby Shanghai, toe stormsterk winde daar gewoed het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Tipper ·

God gaan China skud met allerhande plae en strafgerigte, hulle ekonomie gaan ook val.

Cherokee ·

Eintlik is dit Sjina in Afrikaans. Dìt is waar die Sjinese woon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.