Twee tornado’s het Vrydagaand die sentrale en oostelike dele van China getref. Gevolglik is 12 mense dood en meer as 400 beseer.
Volgens owerhede het hewige stormwinde van meer as 260 km/h die stad Wuhan getref, waar agt mense hul lewe verloor het en meer as 280 beseer is. Omtrent 30 wonings het inmekaar gestort. Voertuie is deur vallende voorwerpe platgedruk, bome ontwortel en geboue gedeeltelik verwoes. Elektrisiteitsdrade is boonop beskadig, wat meer as 26 000 wonings sonder krag gelaat het.

‘n Beskadigde gebou en voertuie in Hubei, Wuhan, nadat ‘n tornado dié gebied Vrydag getref het. (Foto: STR / AFP)
Twee hysers wat vir bouwerk gebruik is, is ook in die proses beskadig. Een het omgeval en op die bouperseel beland, wat aansienlike skade aangerig het.
In Suzhou, naby Shanghai, het nóg ʼn tornado met windsnelhede van meer as 200 km/h chaos veroorsaak. Volgens plaaslike owerhede is vier mense hier dood en een word steeds vermis. Foto’s wat op sosiale media gedeel is, wys ʼn swart warrelwind wat ʼn spoor van vernietiging agterlaat.
Altesaam 11 mense is onlangs ook dood in ʼn ander dorp naby Shanghai, toe stormsterk winde daar gewoed het.
- Beskadigde kragdrade in Suzhou in China, ná ‘n tornado dié gebied getref het. (Foto: STR / AFP) / China OUT
- Mense soek vir voertuie nadat ‘n tornado verwoesting in Hubei, Wuhan, gesaai het. (Foto: STR / AFP)
- ‘n Tornado het verwoesting in Suzhou in China gesaai. (Foto: STR / AFP)
- Nooddiensvoertuie in Wuhan, China nadat ‘n tornado Vrydag hier getref het. (Foto: STR / AFP) / China OUT
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Eers was dit Covid nou tornadoes. Wat nog?
God gaan China skud met allerhande plae en strafgerigte, hulle ekonomie gaan ook val.
“Covid” verwant? Vra namens N Dlamini-Zuma!
Die mens het geen verweer teen die natuur nie.
God sluimer of slaap nie…