[Foto’s] 23 dood toe veerboot vlamvat

Reddingswerkers soek na slagoffers op die wrak. Foto: AP Photo/Rhana Ananda

Reddingswerkers soek na slagoffers op die wrak. Foto: AP Photo/Rhana Ananda

Minstens 23 mense is dood en 17 word vermis nadat ʼn veerboot Sondag langs die kus van Indonesië se hoofstad, Jakarta, aan die brand geslaan het.

Die vaartuig het sowat 230 mense van Jakarta se hawe na Tidung, ʼn eilandoord in die Kepulauan Seribu-strook, vervoer, toe ʼn brand ontstaan het.

Volgens amptenare was die meeste passasiers Indonesiërs wat Nuwejaar gevier het.

Seply Madreta, ʼn beampte van die plaaslike rampbemiddelingsagentskap, het gesê die brand het die helfte van die veerboot verwoes. Hy het gesê 23 liggame is gevind en 22 beseerdes is na hospitale geneem.

Sowat tien vaartuie is in die gebied om te help soek na die 17 mense wat vermis word.

ʼn Ooggetuie het aan MetroTV gesê die brand het omtrent 15 minute nadat die veerboot die hawe in Jakarta verlaat het, ontstaan.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Van die passasiers het aan die plaaslike media gesê hulle het rook uit die veerboot se enjin sien kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.