[Foto’s] 6 500 vlugtelinge op een dag gered

Foto: AP Photo/Emilio Morenatti

Foto: AP Photo/Emilio Morenatti

Die Italiaanse Kuswag het Maandag ongeveer 6 500 vlugtelinge gered wat in nood verkeer het op die Middellandse See.

Die vlugtelinge het op bootjies van die kus van Libië na Italië gereis. Meer as 100 000 mense het vanjaar reeds op so ʼn manier na Italië gekom.

Die 6 500 mense is gered tydens meer as 40 verskillende reddingsaksies. Verskeie skepe van die Italiaanse Kuswag het aan die grootste reddingsaksie ooit deelgeneem. Volgens die organisasie Proactiva Open Arms was een vissersboot met 700 mense gepak. Talle babas en klein kindertjies was onder die mense wat gered is. ʼn Vyf dae oue baba is na ʼn Italiaanse hospitaal met ʼn helikopter gevlieg.

Sondag is 1 100 vlugtelinge in dieselfde omgewing gered. Ongeveer 2 700 mense het vermoedelik reeds vanjaar verdrink in hul poging om van Afrika na Europa te kom. Die aantal vlugtelinge wat per see in Griekeland aankom, het intussen minder geword, maar in Italië het die getal erg gestyg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ekwilibrium ·

Voorwaarde Nr. 1 vir toelating met vlugtelingstatus: Verpligte kastrasie/sterilisasie. Die mensdom broei homself in hongersnood in…

Uys ·

Word die skippies gesink nadat die mense gered is. Hoe minder vaartuie hoe minder vlugtelinge.

Burger ·

Ekwilibrium , ek kan net my kop skud oor jou opmerking.

Om te dink daar is mense wat geplaas is geplaas op aarde onder omstandighede wat hulle nie gekies het nie en as gevolg daarvan is hulle nerens welkom nie. Die aarde sug nie onder mense nie . Hy sug onder selfsug , liefdeloosheid , gierigheid , onverdraagsaamheid ens , ens .

Stel n voorbeeld en offer eerste jou kroonjuwele op.

Ekwilibrium ·

Ek het. Nie ek of my wederhelf wil voortplant nie. Verantwoordelike beplanning moet by alle kulture posvat.

Cherokee ·

Redelik dikwels is daar vrae in die forums oor hoe ons uit hierdie land gaan padgee en waarheen. Tutorials oor hoe om dit te doen verskyn in fotos – roeibote is die ding – moet net nie oorlaai nie. Die roeiers besluit self waarheen en doen self die doane-dinge.

Grappies op ‘n stokkie – dit moet kort vaarte wees wat daar onderneem word want as gekyk word na hoe die bote oorlaai is, daar is geen toiletgeriewe, slaap en eetfasiliteite op daardie oorlaaide bote nie. Maar hulle is desperaat en dit is waarom dit gedoen word.

Johannes ·

Snaaks hoe die mense wat so graag “geveg het om onafhanklik te wees” nou so vlug na hulle “onderdrukkers”…

Anoniem ·

Vat gou 1 minuut en dink, wat as dit jy was op so bootjie, wat is dit jou 5 dae oue babtjie was wat daar gebore moes word in so lewe in, wat as jy uit jou land moet vlug op ‘n boot saam met 700 ander mense, wat as jou omstandighede so sleg is dat jy eerder ‘n bootjie sal kies op ‘n massa water as jou eie land, wat as dit jy en jou familie was wat mense so oor gepraat het? Sterileer en kastreer hulle, sink die bote sodat niemand verder kan uitkom nie… REGTIG? is dit julle harte?
Ek verstaan die gevaar en ekonomiese impak van vlugtelinge in ‘n land, maar daar is families op daardie bote, oumense, kinders, almal wat verdien om ‘n lewe te he soos ek en jy…

SkarrelKind ·

Anoniem, ek het ‘n hart. Maar in ‘n massa op bote weet mens nie wie is wie nie en wie sodoende die land inkom nie. As daar onder hulle is wat tereur wil saai, wil ek net sê, daar is ou mense en kinders onder hulle slagoffers in Europa ook – ook onskuldige mense – wat dan Anoniem??

Johan 2 ·

Is dit vlugtelinge uit lande waar die VSA en NATO in hul wysheid die’ mense verlos het van “diktators” soos Khalifa? Ek verstaan nie lekker waar dit nou vandaan kom nie…Indien dit die geval is (dat hul lande deur Navo gebom is tot vryheid), is die stomme europeërs (soos Anoniem hier bo) direk verantwoordelik daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.