Die vlugtelinge het op bootjies van die kus van Libië na Italië gereis. Meer as 100 000 mense het vanjaar reeds op so ʼn manier na Italië gekom.
Die 6 500 mense is gered tydens meer as 40 verskillende reddingsaksies. Verskeie skepe van die Italiaanse Kuswag het aan die grootste reddingsaksie ooit deelgeneem. Volgens die organisasie Proactiva Open Arms was een vissersboot met 700 mense gepak. Talle babas en klein kindertjies was onder die mense wat gered is. ʼn Vyf dae oue baba is na ʼn Italiaanse hospitaal met ʼn helikopter gevlieg.
Sondag is 1 100 vlugtelinge in dieselfde omgewing gered. Ongeveer 2 700 mense het vermoedelik reeds vanjaar verdrink in hul poging om van Afrika na Europa te kom. Die aantal vlugtelinge wat per see in Griekeland aankom, het intussen minder geword, maar in Italië het die getal erg gestyg.
- Foto: AP Photo/Emilio Morenatti
- Foto: AP Photo/Emilio Morenatti
- Foto: AP Photo/Emilio Morenatti
- Foto: AP Photo/Emilio Morenatti
- Foto: AP Photo/Emilio Morenatti
- Foto: AP Photo/Emilio Morenatti
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Voorwaarde Nr. 1 vir toelating met vlugtelingstatus: Verpligte kastrasie/sterilisasie. Die mensdom broei homself in hongersnood in…
Word die skippies gesink nadat die mense gered is. Hoe minder vaartuie hoe minder vlugtelinge.
Ekwilibrium , ek kan net my kop skud oor jou opmerking.
Om te dink daar is mense wat geplaas is geplaas op aarde onder omstandighede wat hulle nie gekies het nie en as gevolg daarvan is hulle nerens welkom nie. Die aarde sug nie onder mense nie . Hy sug onder selfsug , liefdeloosheid , gierigheid , onverdraagsaamheid ens , ens .
Stel n voorbeeld en offer eerste jou kroonjuwele op.
Redelik dikwels is daar vrae in die forums oor hoe ons uit hierdie land gaan padgee en waarheen. Tutorials oor hoe om dit te doen verskyn in fotos – roeibote is die ding – moet net nie oorlaai nie. Die roeiers besluit self waarheen en doen self die doane-dinge.
Grappies op ‘n stokkie – dit moet kort vaarte wees wat daar onderneem word want as gekyk word na hoe die bote oorlaai is, daar is geen toiletgeriewe, slaap en eetfasiliteite op daardie oorlaaide bote nie. Maar hulle is desperaat en dit is waarom dit gedoen word.
Snaaks hoe die mense wat so graag “geveg het om onafhanklik te wees” nou so vlug na hulle “onderdrukkers”…