[Foto’s] 7 matrose vermis ná vragskip, oorlogskip bots

Die USS Fitzgerald is beskadig nadat dit met die Filippynse vragskip ACX Crystal naby die kus van Japan gebots het (16 Junie 2017) Foto: Iori Sagisawa/Kyodo News via AP

Sewe bemanningslede word vermis en die kaptein en minstens twee ander persone is beseer nadat ʼn oorlogskip van Amerika en ʼn vragskip Saterdag naby die kus van Japan gebots het.

Reddingsbeamptes is op soek na die sewe matrose wat vermoedelik in die see gewerp is of moontlik binne die beskadigde dele van die oorlogskip vasgekeer is, het Yoshihito Nakamura, woordvoerder van die Japannese kuswag, gesê. Geen beserings is op die vragskip aangemeld nie.

Beeldmateriaal van die Japannese TV-netwerk NHK wys hoe vlootbemanning water uit die oorstroomde dele van die USS Fitzgerald pomp.

Die skip se kaptein, kdr. Bryce Benson, is met ʼn helikopter na die Amerikaanse vloothospitaal in Yokosuka geneem en is in ʼn stabiele toestand, het die Amerikaanse Vloot in ʼn verklaring gesê. Twee ander bemanningslede het skrape en kneusplekke opgedoen en is ook ontruim. Dit is nog nie duidelik of enigiemand anders beseer is nie.

Die Fitzgerald het beperkte aandrywingskrag nadat dit aan die regterkant onder die waterlyn beskadig is. ʼn Beampte van die Amerikaanse Weermag het gesê drie van die kompartemente is oorstroom. Dit is nog nie duidelik hoe die botsing tussen die oorlogskip en die vragskip, wat byna vier keer so groot is, gebeur het nie. Meeste van die 200 matrose aan boord sou geslaap het.

Yutaka Saito, van die kuswag, het gesê die gebied is baie besig met seeverkeer.

Die Vloot, Japannese verdedigingsvaartuie en die kuswag probeer om die oorlogskip te stabiliseer terwyl dit na die kuslyn beweeg, het hoof van die Vloot, adm. John Richardson, gesê. Die Vloot het gesê die ongeluk het 45 seemyl (103 km) suidwes van Yokosuka plaasgevind, waar die 7de Vloot gehuisves word.

“Ons fokus nou op twee dinge: die veiligheid van die skip en die welstand van die matrose,” het adm. Scott Swift bygevoeg.

Die Japannese kuswag het gesê hy het omstreeks 02:20 (1720 GMT Vrydag) ʼn noodoproep van die Filippynse vragskip ACX Crystal ontvang dat dit met die Fitzgerald gebots het.

Familielede van die bemanning wag nog op nuus oor hul geliefdes.

Die Filippynse skip is 29 060 ton en 222 meter lank, het die kuswag gesê, baie groter as die oorlogskip van 8 315 ton. Die oorlogskip het vermoedelik nie erge strukturele skade opgedoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Eish ·

Tragies om die minste te sê. Met al die oordonderende tegnologie aan boord van n Amerikaanse oorlogskip? Miskien het al 200 matrose aan boord geslaap.

Pieterlewismuts ·

Die feit dat die klein “ligte” oorlog skip voor die vragskip beland het dui op èrnstige nalatigheid aan die kant van die militere matrose. Iemand was aan die slaap met sy oop oë.
Hul opleiding en dissipline behoort so n gebeurtenis altyd te kan voorkom.

Ben ·

Sjoee, praat van Nalatigheid. Hoe gaan hulle misiele stop in n geveg? Lyk vir my of die USA vloot die “Sitting Ducks” gaan wees. Wonder of hulle weet van Radar of gaan dit Pearl Harbour van vooraf wees waar die Radar Stelsel geignoreer was? LOL.

Disselboom ·

Dis nie ‘n goeie bydrae vir die beeld van die VSA se militêre vermoë nie. Aan die ander kant is daar is alreeds ‘n berig dat die vragskip ‘n onverwagse U-draai op sy roete gemaak het, wat gedagtes van opset aan die gang sit; maar dit maak die raaisel oor hoe ‘n moderne oorlogskip dan so onverhoeds betrap word? Daar is belangriker dinge vir onsself hier by in Suid-Afrika om aan aandag te gee, maar Disselboom hou hierdie voorval nuuskierig dop.

piper ·

albei skepe is skuldig. daar was nie behoorlike wag gehou oor hulle radars nie. absoluut belaglik en totaal onnodig. gruwe nalatigheid aan albei kante

Navigator ·

Ek is offisier in die handelsvloot. As mens na die skade op die twee skepe kyk kan ek onmiddelik met sekerheid se dat die vegskip nalatig was & dus die oorsaak was van die ongeluk. As n skip skade aan sy regterkant (Starboard Side) het & die ander skip op die boeg wys dit onmiddelik dat die vegskip aan die linkerkant van die vragskip was voor die ongeluk & dat hulle roetes so kruis, in so geval bepaal die reels dat die vegskip moes koers verander om agter die vragskip verby te beweeg. Heel duidelik het hy dit nie gedoen nie. Ek werk meeste van die tyd in n omgewing waar daar baie Amerikaanse vegskepe patrollie doen & die groot probleem is dat hulle nie gesag gee aan die internasionale see reels nie & van jou verwag om uit hulle pad te bly ongeag wat die reels se. Ongelukkig, ook deur die reels bepaal, sal daar nalatigheid bewys word aan albei kante, net meer aan die kant van die vegskip want ongeag wat die reels bepaal ten opsigte van wie moet koers verander word jy nie gevrywaar daarvan om aksie te neem as jy sien die ander skip volg nie die reels nie. As mens dit ongeluk afbreek kom dit regtig net neer op die oordeel van twee mense. Die offisier aan diens op die vegskip & die offisier aan diens op die vragskip. As mens kyk na die tyd wat die noodsein uitgestuur is was albei junior offisiere.

Diver ·

Thx Navigator…respek vir die handelsvloot en julle kennis van die see…die paaie bly besig erger op die hoofroetes..heelwat salvages gedoen op daai roetes.

Piket ·

Dankie aan Navigator!

Hierdie is sinvolle betekenisvolle kommentaar waarby mens iets leer.

Klip in die bos ·

Dit is baie makliker vir ‘n kleiner boot om spoed en rigting te verander as vir ‘n groot vragboot.

Renier ·

Daar is veronderstel om iemand gedurig aan diens te wees by die radar wat presies die verkeer om jou en naby jou wys en rigting van beweging en snelheid. Iemand het op sy pos geslaap of was oorgerus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.