Foto’s: Aangrypende foto’s van kankervegter wyd gedeel

Charlie Johnson se hare word deur haar man, Kelsey, afgeskeer. (Foto: Mandy Parks Photography)

ʼn Reeks foto’s waarin gesien kan word hoe ʼn vrou wat met borskanker gediagnoseer is se hare deur haar man afgeskeer word, het honderdeduisende sosialemediagebruikers aangegryp en soos ʼn veldbrand op die internet versprei.

Die hartroerende foto’s is deur Mandy Parks geneem en is Dinsdag op Parks se fotografieonderneming se Facebook-blad gepubliseer.

Die foto’s is van Charlie Johnson en haar man, Kelsey, ʼn egpaar van Gillham, Arkansas in die VSA. Op ʼn ondersteuningsblad wat Charlie se man vir haar begin het, “Charlie’s Journey”, vertel Charlie hoe sy die knop in haar bors ontdek het.

Charlie Johnson se hare word deur haar man, Kelsey, afgeskeer. (Foto: Mandy Parks Photography)

ʼn Mammogram en sonar het aanvanklik getoon die gewas is nie kwaadaardig nie. Toe die knop egter ʼn paar weke later begin pla, het Charlie haar instinkte vertrou en daarop aangedring dat dit verwyder word. Ná die operasie het die patologie-uitslae teruggekom – dit was kanker.

“Die leë gevoel wat ek gehad het, is onbeskryflik. Al waaraan ek kon dink is om huis toe te ry na my man toe. Twee dae later is ek 34 jaar oud en sit ek in ʼn onkologie-spreekkamer, besig om my aggressiewe borskanker te bespreek en wat presies ons plan is,” het sy geskryf. Charlie het kort daarna met chemoterapie begin.

Charlie Johnson se hare word deur haar man, Kelsey, afgeskeer. (Foto: Mandy Parks Photography)

Parks het by die foto’s op haar Facebook-blad geskryf die foto’s wys hoe lyk sterk-wees. “Sterk vroue word nie bloot gebore nie. Hulle word gemaak deur die storms waardeur hulle moet gaan. Uit die pyn, foute en hartseer vind ons trots en krag,” het sy geskryf.

“Ek weet nie wie hierdie moet sien vandag nie. Of gister nie. Of iemand wat dalk môre hierdie telefoonoproep gaan kry. Wys vir hulle hoe lyk sterk-wees. Wys vir hulle hulle is nie alleen nie.”

Die inskrywing met die foto’s was teen Vrydagoggend reeds 288 000 keer gedeel. Meer as 47 000 mense het op die inskrywing kommentaar gelewer, baie van hulle kankerpasiënte wat hul eie foto’s en stories gedeel het.

Strong women aren't simply born. They are made by the storms they walk through. From the pain, mistakes, and heartache…

Posted by Mandy Parks Photography on Tuesday, August 20, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rika ·

My ma het ook so 3 jaar terug borskanker gehad, dit was so n groot skok vir ons almal, gelukkig is dit baie vroeg opgespoor en verwyder, na baie chemo, bestraling ens is sy skoon. Ek onthou die dag toe ek haar hare moes afskeer, dit was so hartseer maar sy was so sterk, en ekt net weereens besef hoe n groot blessing sy vir ons is. Baie sterkte aan jou, vertrou op God want Hy ken ons harte, en Hy het ons oneindig lief…

Ekke ·

Dis so hartseer**
Ek weet want ek moes ook hierdie einste doen, ek moes my ma se hare afskeer.
Op 19 word jy groot wanneer die knop in jou keel jou menswees verswelg, en jy weet jy moet ook sterkstaan vir die ander person. Wens ons kon ook dit vasvang, maar soms gebeur hierdie dinge op n Sondag middag in jou badkamer op die platteland. En dan begin jy BOU!

annie ·

Dit gee mens trane in die oë … om te dink waardeer daardie vrou en duisende ander moet gaan… Die idee dat haar man haar hare gesny het …. gee mens die idee hy ken die pyn waardeer sy vrou gaan! Sterkte aan elke vrou wat in die posisie is… !!

Roxi ·

My suster is 10 jaar gelede oorlede na daar ook vir haar gese is die knop is nie kwaadaardig nie. Teen die tyd wat dit verwyder is was dit te laat. Sy het ‘n bos krul hare gehad. Die dag wat ons dit moes af skeer het ek harder as sy gehuil…

humor ·

My wederhelf het die pad 11 jaar geloop. Chemo na chemo, operasie na operasie. Ons gesin het baie gebid, gehuil en getreur. In Kaapstad onkologie was sy bekend daarvoor dat sy selfs in die donkerste oomblik kon lag en ander kon bemoedig.

Barry ·

My vrou is vanjaar 30 jaar gelede aan borskanker sy was 41 en het twee jong dogters nagelaat
Ek kan net vir die egpaar se ek wens julle alles van die beste toe.
Geen mens weet hoe dit voel tot jy dit self deurgegaan het.
Ek mis haar vandag nog waar ek ver van SA af woon in Thailand

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.