Foto’s: Aus-polisie vind reusedwelmvonds van SA af

Die masjiengraaf waarop beslag gelê is.

Die polisie in Australië het op een van die grootste dwelmvondse nog in die land beslag gelê nadat hulle ʼn masjiengraaf, wat onlangs vanaf Suid-Afrika in dié land aangekom het, deeglik deursoek het.

Daar is 384 kg se kokaïne ter waarde van $144 miljoen in die masjiengraaf gevind. Die polisie in die Australiese hoofstadgebied het vroeër die jaar inligting ontvang oor ʼn moontlike dwelminvoersindikaat in die suide van Nieu-Suid-Wallis.

ʼn Gesamentlike ondersoek is deur die polisie in Nieu-Suid-Wallis, die Australiese Federale Polisie, die Australiese grenspatrollie en ander wetstoepassingsowerhede begin.

Die grenspatrollie het in Junie vanjaar op ʼn tweedehandse masjiengraaf beslag gelê nadat dit van Suid-Afrika af in Australië aangekom het en x-straalbeelde daarvan agterdog gewek het. Twee mans is Sondag in Nieu-Suid-Wallis tydens die aflewering van die masjiengraaf in hegtenis geneem.

‘n X-straalbeeld van die masjiengraaf.

Die twee verdagtes, 33 en 34 jaar oud, is by ʼn sakeperseel in hegtenis geneem en word aangekla van die invoer van en pogings om dwelms te besit. Hulle het Maandag in die Queanbeyan-landdroshof verskyn en bly in aanhouding.

Sharon Huey, waarnemende adjunkkommissaris van die Australiese grenspatrollie, het gesê die operasie is ʼn voorbeeld van die hoë vlakke van samewerking tussen Australiese wetstoepassingsagentskappe.

“Dit was ’n ongelooflik gesofistikeerde verberging van kokaïen, maar deur ons gesamentlike pogings kon ons hierdie sindikaat ontwrig en keer dat hierdie skadelike stowwe ons grense infiltreer.

“Ons beamptes het hoogs gesofistikeerde tegnologie tot hulle beskikking en hierdie opsporing wys dat dit nie saak maak tot watter metodes kriminele oorgaan nie, ons het die vaardighede en toerusting om dit te vind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Baie geluk met die suksesvol le operasie. Ook maar goed die SAP het nie van die onder, – soek geweet nie – te veel husse met lang ore kon dit benadeel het!

Andreas ·

Nou wanneer is die dwelms versteek, voor die graaf hier uit Suid-Afrika weg is, raak ek. En waar is die skuldiges aan hierdie kant? Ek het idee hulle staan in ‘n ry om voor die Zondo kommissie te getuig.

Talie ·

Ai, SA se naam word darem deur die modder gesleep op elke denkbare manier. Ek hoop daar word n goeie voorbeeld van die twee gemaak.

Getuie ·

Talie, SA se naam kan nie deur die modder gesleep word nie, want dit is klaar laer as slangmis. Die wereld lag vir ons, kyk maar op youtube wat hulle van ons vorige president dink! Of vra sommer Afrikaners wat nou in die buiteland bly. Die mense is verstom oor die dinge wat nou hier aangaan.

Karlahari ·

Die verskil tussen eerste en derde wereld land!!!
Welgedaan aan die Australiese polisie
Hoop die rubbish in Suid Afrika is ook aangekeer.

O Wee ·

SA wetstoepassers, skaam julle! Ons het kwansuis een van die beste grondwette ter wereld maar die uitvoering daarvan is ‘n klaaglike mislukking. Hoop die lot lande (insluitend Aus) wat gehelp het om SA op die ashoop te laat beland, sien nou wat het hulle veroorsaak.

Pieter ·

Ons moet net seker maak dat ons die goed ordentlik deursoek voordat ons dit laat uitvoer na ander lande

wet ·

eers was dit die pakistani’s met die 4000 vervalste paspoorte na die UK en skielik moet alle SA’ners visa’s kry. Mens kan nou nie eers deur die lughawe transit sonder ‘n visa nie. Nou weer hierdie nonsens, 384 kg se dwelms.

Boet Fasie ·

Uitvoermark is nou baie goed met die sterker dollar en pond, verwag maar nog van Suid Afrika en die ANC se plaas produkte , raak mos alles wettig hier want mense wat getik is woed nie gekaap ????????

sweis ·

Die australiese regering het regte polisie en word nie soos swape geflous nie kan jy dink hoe word dwelms hier gesmokkel met die swak onbevoegde klomp wat hulself polisie noem

Theresa ·

Baie geluk met julle ontdekking. Kap hulle maar en laat hulle sit. Hier in SA wil niemand luister nie want ons het ‘n wettelose land!

Spark Plug ·

Dit was 1 van ons top uitvoer produkte wat nie die klient gehaal het nie. Ek is seker ons sal weer probeer want ons moet ons naam hoog hou.

Willie ·

Met soveel dwelms soontoe, moet daar n mark wees? Dis skrikwekkend..

Sanna ·

Vernietig die mark deur alle dwelms te wettig. Die werkskeppingsgeleenthede is baie ruim, want die belasting op hierdie goedere sal alle mediese, sielkundige en wetenskaplike personeel lag-lag kan betaal vir die dwelmverslaafdes wat wil ophou misbruik maak van dwelms. Sodoende sal dit nie meer winsgewend wees vir enige sindikaat om onwettig handel te dryf nie. Hulle sal eerder tuindienstemaatskappye op die been bring en die buurt se gras begin sny met al hul plaastoerusting.

Johan Swart ·

Nou kruip die uitvoerders van die CAT laaigraaf hier in Suid-Afrika seker onder die bed weg nadat hulle die berig gelees het….seker bang iemand gaan kom kyk wat verkoop hulle nog aan die buiteland…of nie ?

JohanL ·

En die logo op die loopgraaf is CAT :) :) :) Hoe ironies :)

Stephen Namibia ·

In Suid Afrika word dit as n deurbraak beskou wanneer n blanke ge arresteer word wat die K woord gebruik!!

Slagyster ·

Baie jammer mense in Australie dat ons land SA met die grootste skelms in die wereld sit. Dis presies wat ons van dag tot dag moet worstel.

Andre C ·

Ek wonder wat is die waarde van die tweedehandse CAT ,seker I/100ste van die dwelms. Dit sal goed wees as Maroela hierdie storie kan opvolg, want dit lyk of die uitvoerder die dealer is

Gert Midstream ·

Australie het baie dwelm probleme. Hul wetstoepassers is beter toegerus. Hulle het ook rehabilitasie sentrums. Dwelmhandel is van die gevorderste handel wereldwyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.