Foto’s: Baba no. 22 vir dié gesin gebore

Noel en Sue Radford (Foto: Skermgreep uit hul YouTube-video)

Sue Radford (45), ma van Engeland se grootste gesin, het skattige foto’s gedeel ná haar 22ste baba gebore is.

Sue en haar man Noel (49) van Morecambe in Lancashire het foto’s op hul Instagram-rekening en ʼn video op hul YouTube-kanaal gedeel van die koms van hul elfde dogtertjie. Sy is op 3 April gebore en het 3,1 kg geweeg met geboorte. Hulle het nog nie haar naam bekend gemaak nie.

Sue het aan plaaslike media gesê dit was die “vreemdste geboorte ooit” weens die koronavirus-pandemie. “Ek was bang om hospitaal toe te gaan met alles wat aangaan oor die virus. Ek was bekommerd dat Noel nie by my sou kon bly nie,” het sy verduidelik. “Ons was almal in isolasie en dit het verkeerd gevoel om ons veilige ruimte te verlaat om na ʼn hospitaal te gaan, maar toe ek daar aankom, het ek dadelik veilig gevoel. Dit was die vreemdste geboorte ooit, maar dit was waarskynlik die beste ervaring.”

Die dogtertjie is eers ná 10 ure gebore.

Met die egpaar se laaste kind wat in 2018 gebore is, het hulle aanvanklik gesê daar sal nie nog kinders wees nie. Noel het ná hul negende kind se geboorte ʼn vasektomie gehad, maar hulle het dit laat omkeer toe hulle besluit het om nog kinders te kry.

Die egpaar het in 2008 bekendheid verwerf toe hulle met 13 kinders gespog het. Nou het hulle ook al drie kleinkinders by hul dogter Sophie (die sesjarige Daisy, vierjarige Ayprill en tweejarige Leo).

Die gesin maak staat op Noel se bakkery om ʼn inkomste te verseker en hulle ontvang ook £170 (sowat R3 200) per week in kindervoordele. Hulle spandeer weekliks ongeveer £350 aan kos. Noel deel ook gereeld wenke op hul YouTube-kanaal hoe om etes met ‘n knap begroting te maak.

Die Radfords se kinders (buiten die pasgebore babatjie) is Chris (30), Sophie (25), Chloe (23), Jack (22), Daniel (20), Luke (18), Millie (17), Katie (16), James (15), Ellie (14), Aimee (13), Josh (12), Max (11), Tillie (9), Oscar (7), Casper (6), Hallie (4), Phoebe (3), Archie (2) en Bonnie (1). Hul seun Alfie is in Julie 2014 stilgebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

AmY ·

Vyf van die kinders kan seker darem al uitspring en help?
Of werk hulle ook maar by die bakkery?
Praat van broodjies in die oond….

LD ·

Na die kind (Luke 18) gebore is, is die vrou so te sê elke jaar swanger! Wanneer rus haar arme liggaam, sodra ñ kleintjie gebore is moet die liggaam weer voorberei vir die volgende een, dis verskriklik! My suster het 6 kinders en die dr het haar aangeraai om ook maar liewer te stop want haar ingewande kon nie meer byhou nie! Ek weet die Bybel sê jy moet kinders hê en ñ groot nasie word maar wragtig! Sy maak op waar die ander nie nog wil hê nie!

antieke antie ·

produksie lyn…kinders begin seker nou al barcodes kry ipv geboorte sertifikate…. of hulle regverdig al hulle eie register

madels ·

Hulle lyk na n wonderlike gesonde gelukkige familie. Daar is vrouens wat ongelooflik liggaamlik gesond is en dit kan hanteer. Ek kom uit n groot gesin en my moeder was baie gesond, dis wonderlik vir my gewees as kind want ek het altyd n maatjie gehad om mee te speel. Groot gesinne is n ongelooflike seen. Ja, hulle kry bietjie hulp van die staat maar hulle is hardwerkende mense. Kyk hoe gaan dit in ons land, baie mense wil nie werk nie maar hul kry babas op strepe net om n toelae in die maand verniet te kry en n lui generasie word groot en is gewoond om nie te werk nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.